
Sign up to save your podcasts
Or


Hoe is dit moontlik dat kinders met dieselfde pa en ma wat in dieselfde huis grootword, so kan verskil? Net soos elke potjie sy eie deksel het wat presies pas, so moet ouers elke kind anders benader, hanteer en dissiplineer. Alle mense se grootste behoefte is aanvaarding.
Eiewaarde, ’n gesonde selfbeeld en genoeg selfvertroue hang nie van prestasie af nie. Jou kind se prestasies dra meriete. Dit kan dalk vir hom ’n beurs, universiteitstoelating vir ’n sekere studierigting of ’n werk beteken, maar sy hart is belangriker.
Fisieke aktiwiteite hou vele voordele vir kinders in. Dit is daarom belangrik dat ons hulle aan die beweeg kry, nie net vir hulle fisieke ontwikkeling nie, maar ook hulle geestelike welsyn. Word kreatief deel hiervan!
Maak die etenstafel jou gesin se saamkomplek. Daar is bewyse dat gesinne wat saam eet, geneig is om gelukkiger te wees. Dit help ook met kinders se akademiese prestasie, maak hulle meer weerstandig en minder vatbaar om vetsug en eetsteurnisse te ontwikkel.
Kampeer is vir die kinders en ook vir jou, goeie terapie. Dit skep die geleentheid om nuwe lewenslesse en sosiale vaardighede te leer, en bietjie te “let go”. Of julle piekniek iewers buitekant beplan, in die natuur gaan stap of in ’n hut, tent of karavaan gaan bly – dis pret! Kry jou kop en jou planne reg ...
Die eise van die lewe vandag is enorm. Is daar nog tyd in jou dag om te stop, rustig te raak en jou kind te kielie of ’n drukkie te gee? Of om sommer net iets spontaan buite die gewone dagroetine te doen? ’n Mens kan leer selfs as jy pret het.
Ons almal het net 24 uur in ’n dag. Om jou tyd verstandig te gebruik is tot jou voordeel, want niemand weet wat die dag van môre inhou nie. As jy goeie bestuur oor jou ure kan uitoefen, kan jy die meeste uit elke dag kry.
Kinders se vrese is vir hulle baie werklik. Dis normaal, en deel van kinders se emosionele en kognitiewe ontwikkeling. Daarom moet ouers dit nie net hanteer of dit nonsens is nie. Erken dit, toon empatie en bedink saam met hulle maniere hoe om daaroor te kom.
Vrees is ’n natuurlike reaksie op ’n spesifieke situasie, soos ’n kind wat bang is vir die donker of vir spinnekoppe. Dit is deel van die normale ontwikkeling by kinders. Sê jy verstaan, eerder as om alles te wil oplos.
Het jy geweet wat die eerste ding is wat jou kind doen as ’n ramp gebeur of wanneer hy onseker voel? Hy kyk na jou en die ander belangrike volwassenes in sy lewe – dalk ’n ouma of ’n juffrou. Hy kyk na die versorgende volwassenes om te bepaal hoe veilig hy voel.
From the publisher's feed