Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 06, 20221. Verstaan die erns van julle belofte van trou (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Ons ken huwelikskontrakte, maar verstaan te min van die belofte tussen ’n man en vrou. Dit is dikwels die verlore skakel in huwelike vandag. Ware verbond is binne jou bereik. Eer jou kontrak as die een wat God onderteken het!...more6minPlay
November 28, 202212. Voortdurende kontak met jou Skepper laat jou blom (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)In die moeilikste omstandighede kan jy steeds positief van jouself praat en positief optree. Niks kan jou skei van God se teenwoordigheid in jou omstandighede nie. Om jou geloofsverhouding gesond te hou moet jy daadwerklik en gereeld stilword, lees en leer, bid en luister....more12minPlay
November 28, 202210. Verander jou taal en hoe jy kommunikeer (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Gee jou seer vir God en omskep jou storie in een van hoop. Maak seker jy lag en glimlag meer, selfs al Is dit geforseerd. Wat jy dink, wys aan jou buitekant. Sien die goeie in jouself raak. Moenie net genade vir ander mense hê nie. Wees jouself ook genadig....more10minPlay
November 28, 202211. Bly gemotiveerd om die beste jy te wees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense....more12minPlay
November 28, 20229. Oefen stap vir stap om jouself te versorg (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Ons het ook ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. Wanneer jy jouself gedurig teleurstel, gaan jou selfvertroue verkrummel. Daar Is doendinge wat jy met dissipline en volharding kan implementeer vir goeie selfversorging....more11minPlay
November 28, 20228. Hou op probeer om in beheer te wees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Dryf die strewe na perfeksie jou ook om altyd meer te doen en altyd te voel dat jy nie goed genoeg is nie? Dit maak van ons besige mense wat altyd onvergenoegd is en nie genoeg fokus op verhoudings plaas nie. Om kalm en selfversekerd te leef, moet jy rus vind in jou geloof....more11minPlay
November 28, 20227. Aanvaar jouself deur die krag van vergifnis (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om die vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen....more11minPlay
November 28, 20226. Ken jou sterkpunte en groei in die Gees (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Om te word wie jy weet jy is in Hom, vra werk van ons kant af. Dit vra dat jy sal besluit om die Woord te glo en te doen. Ja, ons noem dit selfvertroue, maar jou vertroue in God moet groei. Nooi die Heilige Gees in om jou te verander en te vernuwe....more11minPlay
November 28, 20225. Jy is hier vir ’n rede - leef jou roeping (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Deel van die goed voel oor jouself is die wete dat jy nie per ongeluk hier op aarde is nie. Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en verskil maak, sal jou selfvertroue groei...more13minPlay
November 28, 20224. Dankbaarheid en vreugde versterk jou geloof in jouself (Glo in jouself en kry selfvertroue-webinaar deur Liesel Krause-Wiid)Die meeste van ons is geneig om net ons foute of sonde te onthou. Maar God is groter as ons verlede en dink nie meer aan ons mislukkings nie. Daarom kan ons voluit leef, die drome wat ons ontvang het werklikheid maak, en terugslae gebruik om te groei....more12minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.