
Sign up to save your podcasts
Or


Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer wat genade beteken. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen.
Om te word wie jy weet jy is in Hom, vra werk van ons kant af. Dit vra dat jy sal besluit om die Woord te glo en te doen. Ja, ons noem dit selfvertroue, maar jou vertroue in God moet groei. Nooi die Heilige Gees in om jou te verander en te vernuwe.
Is dit nie wonderlik dat God ons elkeen so uniek geskep het nie? Tog maak ons telkens die fout om ons heeltyd met ander mense te vergelyk. Omhels eerder wie God jou gemaak het om te wees.
Die meeste van ons is geneig om net ons foute of sonde te onthou. Maar God is groter as ons verlede en dink nie meer aan ons mislukkings nie. Daarom kan ons voluit leef, die drome wat ons ontvang het werklikheid maak, en terugslae gebruik om te groei.
Wanneer jy so krities op jouself en jou werk is en dink jy is nie goed genoeg nie, is dit tyd om jou negatiewe gedagtes met Woordbeloftes te vervang. Dink byvoorbeeld aan beloftes soos jy is na My beeld geskep en Ek het jou lief.
Dit is die kern van selfvertroue: Om te weet jy kan vertroue hê, want God is by jou. Hy rus jou toe. Hy sal jou nooit alleen laat nie. Op ons rus nou die taak om heeltyd bewus te wees van wie jy in God is, hoe Hy na jou kyk.
Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou sê en hoe Hy na jou kyk. Maak seker jou innerlike dialoog en jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Begin ontdek dat selfvertroue eintlik Godsvertroue is.
Die huwelik kan vinnig in ’n eentonige roetine verval. Dit is dan wat jy moet dink aan maniere om die woema weer in jou verhouding terug te sit. Liefkoos mekaar, gesels met mekaar en bederf mekaar. Alle huwelike het partykeer ’n bietjie opkikkering nodig. Hier is ’n paar idees ...
Tegnologie hoef nie paartjies uitmekaar te dryf nie. As dit reg ingespan word, kan dit ’n wonderlike hulpbron wees om ons huwelike te laat groei, weer saam pret te hê en mekaar te laat lag. Dit kan selfs julle geloofslewe saam verdiep.
Jare gelede was dit makliker om al ons verhoudings rein te hou en te beskerm teen dit wat ons gesien en gehoor het. Maar met alles waaruit ons vandag kan kies, moet ons baie sekerder maak dat ons nie besig is om ongemerk in sonde in te gly nie.
From the publisher's feed