Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 08, 20229. Oorwin die monsters en vrese met slaaptyd (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Kinders se vrese is vir hulle baie werklik. Dis normaal, en deel van kinders se emosionele en kognitiewe ontwikkeling. Daarom moet ouers dit nie net hanteer of dit nonsens is nie. Erken dit, toon empatie en bedink saam met hulle maniere hoe om daaroor te kom....more6minPlay
December 08, 20228. Weet hoe om vrees te verdryf (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Vrees is ’n natuurlike reaksie op ’n spesifieke situasie, soos ’n kind wat bang is vir die donker of vir spinnekoppe. Dit is deel van die normale ontwikkeling by kinders. Sê jy verstaan, eerder as om alles te wil oplos....more7minPlay
December 08, 20227. Kinders kán ’n krisis en trauma oorkom (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Het jy geweet wat die eerste ding is wat jou kind doen as ’n ramp gebeur of wanneer hy onseker voel? Hy kyk na jou en die ander belangrike volwassenes in sy lewe – dalk ’n ouma of ’n juffrou. Hy kyk na die versorgende volwassenes om te bepaal hoe veilig hy voel....more7minPlay
December 08, 20226. Elkedagse gesprekke bevorder breinontwikkeling (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Kinders se brein, emosies, opinies en uitkyk op die wêreld word deur gesprekke gevorm. Dit help ook om karakter te bou as julle verskillende waardes en opinies bespreek. Maak doelbewus tyd vir praat al kry jy teenkanting....more5minPlay
December 08, 20225. Gesonde gewoontes wat die brein slim maak (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Jou kind se brein beheer sy hele lewe, sy motoriese vaardighede, sy taalontwikkeling, emosies, verbeelding en sosiale vaardighede. As ons spiere oefening en kos nodig het, is dit dan wat ons brein ook nodig het? Óf gaan dit oor meer as net dit?...more6minPlay
December 08, 20224. Aandroetines vir kalmte na besige dae (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Ouers, maar ook kinders, het ’n rustige aand nodig om ontslae te raak van die spanning van die dag. Om konflik, dramas en teenstand te vermy, werk saam aan ’n roetine wat vir jou gesin werk – en wat kan verander en aanpas soos die jare aanstap....more7minPlay
December 08, 20223. Roetine help dat almal in balans bly (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)As ons dinge op dieselfde manier en op dieselfde tyd doen, sien ons dat uitdagende gedrag afneem. Die magspel tussen jou en jou kind sal aansienlik verminder. As sy weet wat gebeur volgende, is sy rustiger, ontwikkel haar brein en groei sy in emosionele intelligensie....more9minPlay
December 08, 20222. Hou op skuldig voel omdat jy werk (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Tye het verander en vandag het die meeste ma’s ook ’n voltydse beroep buiten die roeping van mamma-wees. Jy hoef nie ’n superma te wees nie, net goed genoeg. Vir werkende ma’s wat fisies en emosioneel gesonde kinders wil grootmaak, is balans die wagwoord....more6minPlay
December 08, 20221. Maak julle huis julle hawe van rus (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)’n Huis is meer as bloot net ’n dak oor jou kop, ’n warm bed en ’n lekker bord kos. Dit is daardie plek waar ons veilig voel en weet dat ons geliefd is. Wat kan ’n ma doen om vir haar gesin so ’n kalm en liefdevolle toevlugsoord te skep?...more5minPlay
December 06, 2022WAARHEID 22 - Vorentoe beweeg verg verandering en vernuwing (aanlyn kursus deur Liesel Krause-Wiid)Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense....more7minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.