
Sign up to save your podcasts
Or


Die laaste week van die Amerikaanse spesialis-matrose, die Navy Seals, se strawwe opleiding moet hulle ’n aantal byna onmoontlike take voltooi. Om nie die handdoek in te gooi nie, leer hierdie soldate om net op die volgende tree te fokus.
Een van die toetse vir geluk wat jy gereeld moet slaag, is hoe om mismoedigheid te oorkom. Ten spyte van al jou oorwinnings in die verlede sal die geleentheid om jou lewensvreugde te verloor een of ander tyd kop uitsteek. Keer dit in jouself en wys jou gelowige vreugde vir ander – dis aansteeklik!
Mense se emosies is onvoorspelbaar. Christene is nie verhewe bo daardie kere in die lewe wanneer die druk die rouste, die diepste emosies in ons na vore roep nie. Leer dan uit die voorbeeld van koning Dawid en Abigail en behou jou selfbeheersing.
Om die regte perspektief op jou uitdagings en probleme te kry, moet jy altyd die groter prentjie of die lang termyn in gedagte hou. Jy moet onthou dat keuses en besluite hand aan hand loop. Tydens hierdie proses moet jy vasstel watter probleme binne jou beheer is en watter nie.
’n Gees van wedywering, trots en afguns kan ons dinge laat aanvang wat ons normaalweg nooit sou oorweeg nie. Jy moet bereid wees om jou beperkinge te aanvaar en die beste te wees waartoe jy in staat is. Jy het nie nodig om jou teenoor ander mense op te weeg om te voel jy is iets werd nie.
Hier is ’n stukkie goeie nuus: Net soos wat die brein se ingeboude negatiewe voorkeur daar is om ons te help oorleef, het ons ook ’n positiewe voorkeur in ons DNS ingebou. Dis bewys dat mense wat in krisistye kan fokus op die positiewe, by hulle innerlike krag uitkom.
Positiewe ervarings vloei deur die brein soos water deur ’n sif. Ons hou daarvan, maar vergeet dit. Op dié manier word ons gekondisioneer om meer breinspasie aan negatiewe as aan positiewe gedagtes af te staan. Onthou wat God jou belowe het – en herinner Hom ook daaraan!
Wanneer jy in jou lewe op ’n plek kom waar jy belangrike besluite moet neem, kan jy nie bekostig om slegs jou intellek te gebruik nie. Jy moet deur die Heilige Gees gelei word. Jy moet God se raad altyd eerste vra.
God wil vir ons genade gee, maar Satan wil vir ons skande en smaad bring. Dat God die skande van ons wegneem, beteken ons moet elkeen vir onsself die vergifnis toe-eien wat Hy ons bied vir al ons sondes van die verlede.
Alhoewel jy nie kan beheer wat met jou gebeur nie, kan jy wel beheer hoe jy daarop gaan reageer. Hoe jy dink, beïnvloed hoe die chemikalieë en proteïene en bedrading van jou brein verander en werk. Meer belangrik om te weet: Die Heilige Gees verander jou hart én jou brein om jou volkome nuut te maak.
From the publisher's feed