
Sign up to save your podcasts
Or


#SondagStilword Ep 7 - Kerk aan die innerlike jy - Karien Basson
#SondagStilword Ep 6 - Moet nooit ophou groei nie - Karien Basson
Aan wie spandeer jy jou tyd en energie? Is hulle mense wat jou opbou, inspireer en aanmoedig? Is hulle voorbeelde van uitnemendheid? Hou op om tyd te mors met mense wat jou afrem ondertoe in plaas daarvan dat hulle jou ’n hupstoot vorentoe gee.
Dis baie makliker om saam met die stroom van die negtiewe te vloei. Ons wil nie graag uitstaan en anders wees nie … Maar ons moet! Hier is vyf praktiese maniere hoe jy kan opstaan vir wat reg is en doelbewus nie saampraat as mense skinder en mekaar slegpraat nie.
Die spreek van woorde mag nie ligtelik opgeneem word nie. Elke keer wat ons ons mond oopmaak, spreek ons lewe of dood. Ons moet die krag van woorde besef en doelbewus besluit om ons woorde Goddelik te gebruik. Ondersoek jou woordeskat …
Oral om ons is mense wat seer het en genesing nodig het. God maak op elkeen van ons staat om Sy genesing vir mense aan te gee. Jy moet sensitief wees vir die Heilige Gees om jou begrip en fyn aanvoeling vir stukkende mense te gee.
Dit is maklik om ’n stryery te begin, maar moeilik om dit te beëindig. Die beste strategie is om agteruit te tree, diep asem te haal en te vra: Wat is in hierdie situasie die belangrikste? As jy die Here se eer wil ontvang en die lewe wil geniet, moet jy ’n vredemaker word.
In die Ou Testament het die geroepenes, die spesiale mense van God, spesiale klere gedra. Gelowiges is vandag geroep om anders te wees en te wys dat hulle leef volgens ’n roeping. Hoe jy optree is dan soos die klere wat wys dat jy gehoorsaam is. Gee dit aan na jou kinders.
Jy maak so baie pyngebeurtenisse in jou lewe bymekaar. Dit kleef aan ’n mens se psige vas soos mossels aan ’n skip se bodem. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou ooit pyn aangedoen het, vryspreek en vergewe. Vee elkeen se rekord skoon.
From the publisher's feed