Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 08, 202220. Help! My kind byt en slaan ... (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Die meeste ouers hoop dat ons kind nie die een is wat ander seermaak nie. Net so, hoop ons ook dat ons kind nie die een is wat gebyt, geslaan, gestamp of geboelie gaan word nie. Maar dit gebeur ... Daar is altyd ’n rede vir kinders se gedrag. En dít is waar ons moet begin....more7minPlay
December 08, 202219. Raad vir woede-uitbarsting en tantrums (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy kan doen. Dis ontstellend, maar nodig vir gesonde breinontwikkeling. Dis normaal. Regtig!...more6minPlay
December 08, 202217. ’n Oorlewingsgids vir teruggetrokke, introvert kinders (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Om teruggetrokke te wees is nie ’n siekte nie. Dit is nie iets wat met medisyne reggedokter moet of kan word nie. Sommige mense is so aanmekaargesit. Introverte moet gekoester word, en het elkeen ’n unieke en spesiale plekkie in die son....more4minPlay
December 08, 202216. Kinders verskil van mekaar - dis oukei! (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Hoe is dit moontlik dat kinders met dieselfde pa en ma wat in dieselfde huis grootword, so kan verskil? Net soos elke potjie sy eie deksel het wat presies pas, so moet ouers elke kind anders benader, hanteer en dissiplineer. Alle mense se grootste behoefte is aanvaarding....more2minPlay
December 08, 202215. Bou selfvertroue sonder druk vir prestasie (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Eiewaarde, ’n gesonde selfbeeld en genoeg selfvertroue hang nie van prestasie af nie. Jou kind se prestasies dra meriete. Dit kan dalk vir hom ’n beurs, universiteitstoelating vir ’n sekere studierigting of ’n werk beteken, maar sy hart is belangriker....more5minPlay
December 08, 202214. Kry jou kind aan die beweeg! (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Fisieke aktiwiteite hou vele voordele vir kinders in. Dit is daarom belangrik dat ons hulle aan die beweeg kry, nie net vir hulle fisieke ontwikkeling nie, maar ook hulle geestelike welsyn. Word kreatief deel hiervan!...more7minPlay
December 08, 202213. Saam eet is gesond en bring geluk (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Maak die etenstafel jou gesin se saamkomplek. Daar is bewyse dat gesinne wat saam eet, geneig is om gelukkiger te wees. Dit help ook met kinders se akademiese prestasie, maak hulle meer weerstandig en minder vatbaar om vetsug en eetsteurnisse te ontwikkel....more4minPlay
December 08, 202212. Die baie lewenslesse van lekker kamp (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Kampeer is vir die kinders en ook vir jou, goeie terapie. Dit skep die geleentheid om nuwe lewenslesse en sosiale vaardighede te leer, en bietjie te “let go”. Of julle piekniek iewers buitekant beplan, in die natuur gaan stap of in ’n hut, tent of karavaan gaan bly – dis pret! Kry jou kop en jou planne reg ......more8minPlay
December 08, 202211. Besige gesinne moet pret en plesier hê (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Die eise van die lewe vandag is enorm. Is daar nog tyd in jou dag om te stop, rustig te raak en jou kind te kielie of ’n drukkie te gee? Of om sommer net iets spontaan buite die gewone dagroetine te doen? ’n Mens kan leer selfs as jy pret het....more4minPlay
December 08, 202210. Besige gesinne moet tydsbestuur leer (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Ons almal het net 24 uur in ’n dag. Om jou tyd verstandig te gebruik is tot jou voordeel, want niemand weet wat die dag van môre inhou nie. As jy goeie bestuur oor jou ure kan uitoefen, kan jy die meeste uit elke dag kry....more3minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.