Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 08, 202220. Verban vreesaanjaende woorde uit jou taal (oudio-kursus deur Jannie Putter)Hoe word ons geestelik sterk om op te staan teen vrese wat ons lewe so bedreig? Jy gee onmiddellik vir dit ’n ander naam, want die naam wat jy aan iets gee, het ’n bepaalde emosie tot gevolg. Dit is nodig dat ons soms terugstaan, herbesin, ons vrees herbenoem en die lewe weer met hernude ywer aanpak....more5minPlay
December 08, 202217. Probeer die minder-is-meer-gesondheidsbeginsel (oudio-kursus deur Jannie Putter)Soms kan die verantwoordelikheid vir ons gesondheid oorweldigend raak. Om jou ingesteldheid te verander en elke dag net ’n bietjie tyd aan oefening te bestee, kan ’n groot verskil aan jou liggaam en motivering maak....more6minPlay
December 08, 202215. Ons kan saam soveel méér suksesvol wees (oudio-kursus deur Jannie Putter)Ons is baie sterker as ons saamstaan. Die definisie van sinergie sê dat interaksie of samewerking tussen twee of meer komponente om ’n gesamentlike effek te lewer, groter is as die som van hulle afsonderlike effek....more6minPlay
December 08, 202214. Vergeet jou mislukkings ... én jou suksesse! (oudio-kursus deur Jannie Putter)Om die beste van jou mislukkings en suksesse te maak, moet jy dit vinnig kan vergeet. Moenie dit te veel kop toe vat nie. Lewe elke dag voluit sonder bagasie wat jou terughou of die glorie van die verlede wat jou aandag van die hede aftrek....more5minPlay
December 08, 20229. Oorkom die verlede se teleurstellings (oudio-kursus deur Jannie Putter)Watter uitwerking het teleurstelling of mislukking op jou lewe? Soos jy dink, só is jy. Wees daarom versigtig hoe jy dink. Maak seker jy spandeer tyd saam met mense wat jou gedagtes en jou manier van dink neem na ’n plek waar jy ’n meester is, en nie ’n slagoffer nie....more5minPlay
December 08, 20228. Die sleutel tot ’n sterk karakter is respek (oudio-kursus deur Jannie Putter)Mense se karakter is sigbaar in hulle oë. Leer jou kinders van kleins af om met respek ander in die oë te kyk. Respek is die grondslag van ’n sterk karakter. Dit maak deure oop....more6minPlay
December 08, 20227. Verbeter jou vermoë om positief te bly (oudio-kursus deur Jannie Putter)Jou karakterkapasiteit bepaal jou vermoë om die lewe te hanteer. As jy altyd net die probleem raaksien, gaan jy jou hele lewe lank in ’n geveg vasgevang voel. Hoe breek jy daaruit los?...more5minPlay
December 08, 20225. Strewe eerder na "beste" wees as "eerste" (oudio-kursus deur Jannie Putter)Wat is die verskil tussen gemiddeld en uitstekend? Gemiddeldheid kry die werk, of dit waarmee jy kan wegkom, gedoen. Uitnemendheid vat dinge verder en vra: “Hoe kan ek dit beter doen?” Die ironie is dat dit meestal net soveel inspanning verg om middelmatigheid te bereik as om uitstekend te wees....more6minPlay
December 08, 20224. Kry jou prioriteite en roetine in plek (oudio-kursus deur Jannie Putter)As jy nie eerste dinge eerste doen nie, eindig jy altyd tweede. Die meeste mense jaag hulle lewe deur omdat hulle altyd ná hulle dag opstaan. Hoe laat jy opstaan, maak nie saak nie. Die tyd is irrelevant. Sorg jy net dat jy vóór jou dag opstaan....more6minPlay
December 08, 202221. Empatie ... Die heel belangrikste om aan te leer (oudio-kursus deur Lizanne du Plessis)Die fondasie van emosionele intelligensie en effektiewe ouerskap is empatie. Hiersonder kan ons ons kinders nie geliefd laat voel nie en dit is soveel meer as om iemand se perspektief te kan insien. Dit is in werklikheid om iemand se werklikheid te ervaar....more4minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.