
Sign up to save your podcasts
Or


#SondagStilword vir Vroue Episode 3 Dit is tyd vir verandering (Karien Basson)
#SondagStilword vir Vroue Episode 2 Wat is jou kern? (Karien Basson)
#SondagStilword vir Vroue Episode 1 Wat is jou geskenke aan Hom? (Karien Basson)
Alles in die lewe gaan oor verhoudings. Om goeie verhoudings te hê, moet jy wys wees en oor sekere vaardighede beskik. Een hiervan is om effektief te kan luister – en dit beteken dat jy moet leer om minder te praat.
Jy kan die wêreld beter maak, daar waar jy elke dag beweeg. Ware betekenisvolle lewens is beskikbaar vir ons almal, maar word gekies deur min van ons. Kies die verskil! Deur daar te wees vir ander en hulle menswaardig te laat voel, kan jy ’n lewe vir altyd verander.
Stres, kommer en vrees lei tot allerhande siektes. Dit is nodig vir ons gesondheid om te leer om spanning te ontlaai en vrede en rustigheid te soek. Elkeen moet sy eie manier vind om rustig te raak. ’n Gelukkige mens is ook liggaamlik gesond.
Ons vergelyk onsself gedurig met ander. Sosiale media het hierdie lokval in ’n groot put verander – ’n put wat 24-uur van die dag mense insluk! Jy sal moet kies om eerder op jou eie lewe te fokus en vry te kom van ander mense beny en ontevrede voel.
Daar is baie suurknolle in die wêreld, mense wat dink die wêreld skuld hulle iets. As jy dalk so voel, het jy waarskynlik nog nie geleer om nee te sê nie. Jy wil waarskynlik altyd almal tevrede stel. As jy jouself liefhet, beteken dit jy ag dit wat vir jou belangrik is, van waarde.
From the publisher's feed