Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
August 08, 2025Wie is ek? 8 Augustus 2025Lyfstraf is 'n onderwerp van voortdurende debat. Navorsing dui daarop dat dit nie net ondoeltreffend is om gedrag in volwassenes te verander nie, maar ook skadelik kan wees vir kinders. Oor die algemeen is die konsensus onder kenners dat lyfstraf nie 'n effektiewe of aanbevole metode van dissipline is nie. In plaas daarvan is positiewe dissiplinebenaderings, wat fokus op die onderrig en leiding van kinders, meer effektief om gesonde ontwikkeling en welstand te bevorder....more22minPlay
August 01, 2025Wie is ek? 1 Augustus 2025Jou verhoudings werk nie uit nie. Jou vriendskappe hou nie lank nie. Mense is nie juis opgewonde om saam met jou te werk nie. Klink dit bekend? Wie se skuld is dit? Is jy nie goed genoeg nie? Is almal anders verkeerd? Hoe kan jy balans vind in hoe jy jouself sien, en hoe ander jou ervaar?...more22minPlay
July 25, 2025Wie is ek? 25 Julie 2025Munchausen-sindroom, ook bekend as feitelike versteuring wat op die self opgelê word, is 'n psigiese versteuring waar individue doelbewus simptome van siekte produseer of oordryf om aandag en simpatie te kry. Dit word nie gedoen vir eksterne gewin nie (soos finansiële voordele), maar eerder om 'n sielkundige behoefte te vervul. Munchausen per volmag is 'n geestesgesondheidstoestand waar jy voorgee dat iemand in jou sorg siek is wanneer hulle nie is nie. Dit word beskou as mishandeling....more22minPlay
July 18, 2025Wie is ek? 18 Julie 2025Bipolêre versteuring is 'n diagnoseerbare sielkundige toestand wat gekenmerk word deur groot skommelinge in 'n persoon se gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie (lae gemoed) tot uiterste manie (uitermatige, ontoepaslike opgeruimdheid). Navorsing oor dié toestand duur steeds voort, maar 'n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om 'n sielkundige te gaan spreek), kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter....more22minPlay
July 11, 2025Wie is ek? 11 Julie 2025Onbeheerbare woede kan ernstige implikasies hê vir verhoudings, geestesgesondheid en algehele welstand. Ons fokus op die redes vir oormatige woede, die individu se onrealistiese regverdiging van hulle aksies, en wanneer dit nodig is om die waarheid te aanvaar en vir hulp te gaan....more22minPlay
July 04, 2025Wie is ek? 4 Julie 2025Wat hou jou terug? Hierdie gesprek beklemtoon die belangrikheid daarvan om die onderskeid tussen selfvertroue en selfbeeld te verstaan, en hoe hierdie kennis kan bydra tot persoonlike groei, geluk en welstand. Kom ondersoek saam die verskillende betekenisse en implikasies van hierdie twee konsepte....more22minPlay
June 27, 2025Wie is ek? 27 Junie 2025Hoe is dit moontlik dat volwassenes betrokke kan wees by boeliegedrag? Hoekom doen mense dit? Hoe hanteer jy dit? Watter emosionele uitwerking kan dit hê? Hierdie gesprek beklemtoon die kompleksiteite van volwasse afknouery, en die belangrikheid daarvan om hierdie gedrag aan te spreek om 'n meer ondersteunende en respekvolle omgewing te skep....more22minPlay
June 20, 2025Wie is ek? 20 Junie 2025Ons bespreek een van die mees gediagnoseerde vorms van demensie – vaskulêre demensie. Hoe verskil dit van bv. Alzheimer se siekte, en hoe sal die pad vir geliefdes lyk?...more22minPlay
June 13, 2025Wie is ek? 13 Junie 2025Hoe belangrik is dit om "ek-tyd" te prioritiseer?...more22minPlay
June 06, 2025Wie is ek? 6 Junie 2025Ons kyk na die komplekse sielkundige en sosiale faktore wat die vrees dryf om jouself in die verleentheid te stel, en bied insigte om hierdie vrees te oorkom....more22minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.