Wanneer beheer van jou af weggeneem word, of dit nou is weens 'n onverwagse verkeersknoop, ander mense se besluite wat jou planne in die wiele ry, of iemand wat namens jou besluite neem, raak die meeste van ons gefrustreerd, kwaad, angstig of depressief. Louis en Lise gesels oor hoe om beheer te neem en te laat gaan, en hoe om te weet wanneer iemand beheer van jou lewe geneem het.