Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.
February 19, 201619 FebLouis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor seksuele molestering en die verkragting van 'n minderjarige kind. Wat doen jy as die aantuigings teen jou onwaar is? Hoe kan jy jou kind beskerm? En hoe kan 'n verskeurde familie herstel word?...more25minPlay
February 12, 201612 FebIs jy verloof, of het jy onlangs 'n nuwe verhouding met iemand begin? Hoe weet jy die persoon is die een vir jou? Is die liefde waarlik genoeg om 'n verhouding te laat werk?Louis en Lise gesels oor hierdie vrae, en kyk na maniere om 'n sterk en gelukkig verhouding of huwelik te verseker....more25minPlay
February 05, 20165 FebOm die slagoffer van 'n boelie te wees – of jy nou 9 jaar oud is, of 49 – het 'n uitwerking op 'n persoon se denke, emosies en gedrag. Word jy by die werk afgeknou, of vermoed jy jou kind word geboelie by die skool? Louis en LIse bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe, oplossings oor hoe jy 'n boelie kan stop....more25minPlay
January 29, 201629 JanOm deur 'n middeljarekrisis, of 'n midlife crisis te gaan, is nie net vir die individu 'n deurmekaar en ongemaklike lewensfase nie, maar het ook 'n direkte uitwerking op die mense om hulle. Vermoed jy jou man/vrou ervaar tans 'n middeljarekrisis? Voel jy jy hanteer die situasie reg en gee vir jou lewensmaat die nodige ondersteuning en spasie om gemaklik deur hierdie fase te gaan? Louis en Lise gesels oor opsies hoe jy jou lewensmaat kan bystaan in hierdie fase, maar terselfdetyd seker maak jy kyk mooi na jouself....more25minPlay
January 22, 201622 JanIs jy in jou vroeë veertigs na laat vyftigs? Is jy meer bewus van die lewenskeuses wat jy al gemaak het, soos jou beroep, jou huwelike self jou haarstyl? Ervaar jy druk om drastiese veranderinge in jou lewe te maak? Ons bespreek middeljarekrisis, ook bekend as 'n midlife crisis. Wat die tekens is en hoe jy bewus moet wees van die moontlike impulsiewe keuses wat jy dalk kan maak....more25minPlay
January 15, 201615 JanDie droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar gaan 'n effek op ons almal uitoefen. Wat staan jou te doen as jy, soos 'n boer, direk deur hierdie droogte geaffekteer word, of selfs indirek, maar jy is bewus van die moontlikhede in die toekoms? Ons bespreek hoe jy mooi na jouself kan kyk tydens hierdie omstandighede waaroor niemand beheer het nie....more25minPlay
January 08, 20168 Jan“Wees die beste wat jy kan wees!” Hierdie sin hoor en lees ons gereeld in die media, maar wat presies beteken dit en hoe kan jy die beste wees wat jy kan wees? Louis en Lise ontleed hierdie sin en gee praktiese wenke oor hoe jydie beste kan wees wat jy kan wees, maak nie saak wat jou omstandighede is nie....more25minPlay
December 31, 20151 JanHierdie tyd van die jaar besluit die meeste mense op hul nuwejaars voorneme; vir baie het hierdie ritueel al 'n grap geword, maar vir ander gee dit hoop vir die toekoms – dit mag dalk net die begin wees van die pad na ware geluk. Maar hoe kan jy bly by jou nuwejaars voorneme, of die doelwitte wat jy vir jouself gestel het vir 2016? Ons gesels oor stappe wat jy kan neem om te verseker dat hierdie jaar se voorneme 'n realiteit word....more25minPlay
December 11, 201511 DecKan enige iemand gebreinspoel word? Indien wel, hoe bewus is die persoon van die breinspoeling en wat is die motivering vir 'n persoon om so 'n sterk invloed op 'n ander mens te hê?...more25minPlay
December 04, 20154 DecLouis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor waaroor jy beheer kan terugvat wanneer jy afgedank is, en wat jou te doen staan wanneer jy agterkom iemand agtervolg jou en hou jou elke beweging dop....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.