Is jy bewus van die druk van die lewe? Die stres, die uitbranding, die misdaad, jou verhoudings, jou werk, jou finansies, en selfs beurtkrag! Slaap jy sleg? Eet jy sleg? Is jy meer geïrriteerd? Voel jy konstant moeg? Wens jy die lewe was net soms 'n bietjie makliker? Louis & Lise gesels oor die druk van die lewe, en hoe jy jou lyf kan leer om te ontspan sodat die lewe jou nie beheer nie, en jy weer kan begin lewe.