Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo, Omoda en Jaecoo
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor Chery se nuwe Tiggo 7 Pro Max, die Omoda C5 GT en die Jaecoo J7. Elektriese motors, sonkrag en sonpanele word onder die loep geneem hulle gesels met Stephie Vetter oor volgende jaar se Dakar-ren wat om die draai is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele: Als wat jy moet weer oor nuwe vyfdeur-Jimny
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles van die nuwe vyfdeur Suzuki Jimny. Mazda Suid-Afrika voorspel opwindende nuus vir die toekoms, get\Worth is op ’n somer aankoop-jollifikasie en die Franschhoek Klassieke Motorfees, sal jou beïndruk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar
    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier. Hulle vertel jou alles oor olie danksy Motul - selfs hoe om olie vir ’n opwekker te maak. Vir 2Wiele word daar MotoGP gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse - die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele geniet vet duinepret
    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan speel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, in die duine met ’n Toyota Hilux Legend vir die Atlantis 4x4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die 'VW Women in Automotion'-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en die Wiele2Wiele-manne gaan speel in die sand met ’n tweeslag-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef
    In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8 nie. Hulle gaan rits rond met die perfekte paneelwaentjie vir ’n klein besigheid - die Suzuki Eeco Van en gaan kuier weer by get\Worth vir hulle get\Crazy Oktober-promosie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx
    Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderes geleentheid saam met GWM/Haval. Hulle gee raad oor wat jy moet doen as daar water in jou diesel kom en vertel jou van al die motorfietse wat hulle binnekort gaan toets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10
    Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n ‘Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug. Hulle gee raad oor wat jy moet nagaan as jou wiele nie wil aanskakel nie en Electric Zoom Bikes kan vir jou ’n oplossing bied om elektries te gaan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners