Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken
    Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van die week - alles wat jy wil weet van outomatiese ratkaste. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak
    Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio
    Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-boot
    Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3. Hulle doen ’Speed Dating’ met voertuie by get\Worth en raak nostalgies oor Triumph-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese trok-reeks
    Wiele2Wiele het die bekendstelling van Volvo se elektriese vragmotor-reeks bygewoon, met Toyota se nuwe Vitz rondgerits en tyd met die Jeep Grand Cherokee spandeer. Hulle gee raad oor hoe jy ‘n turbo-aangedrewe enjin kan warm maak en wenke vir wanneer jy die reënweer met ‘n motorfiets moet trotseer. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese stadsbuksie
    Wiele2Wiele gesels oor die Ford Everest-reeks wat met twee nuwe modelle spog – die XLT en Wildtrak. Hulle ervaar Sweedse luuksheid met Volvo se elektriese C40 Recharge en vir die eerste keer in 37 jaar, het ’n leefstyl-bakkie tydens die Motor van die Jaar-kompetisie met die louere weggery. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tucson en C3
    Wiele2Wiele het drie bekendstellings bygewoon - Hyundai se nuwe Tucson N Line, Citroën se C3 en Honda se Transalp-motorfiets. Hulle gaan ry ook met Renault se Koleos en vertel vir jou wat daardie rooi knoppie op sekere stuurwiele doen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele ry met Merc se nuwe GLC-sportnuts
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Mercedes-Benz se splinternuwe luukse GLC-sportnuts en ervaar hoe dit is om met die Toyota Rav4 se inprop-hibried te leef. Hulle gesels oor die 2023 Nampo Oesdag en daar is motorfiets-verwikkelinge in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor nuwe vyfsitplek-Grand Cherokee
    Wiele2Wiele het die bekendstelling van Jeep se nuwe vyfsitplek-Grand Cherokee bygewoon. Hulle gaan ry met Hyundai se i30 N warm-luikrug en bespaar brandstof met Toyota se Corolla Hatch Hybrid. Hulle gesels ook met Jamie Surkont, oor hoe sy passie gelei het tot die ontstaan van get\Worth. Vir 2Wiele, kuier Clinton Pienaar van KTM Kaapstad in die ateljee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe Honda Civic Type R
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Civic Type R, wat spog met ’n baanrekord by die Suzuka- en Nürburgring-renbane, en ook ’n klaskategoriewenner by die 2023 Simola-heuwelren was. Hulle is opgewonde oor Kia se pragtige Sportage wat nou as ’n dieselmodel beskikbaar is en gee huiswerk vir die luisteraars rakende die ruil van ʼn spaarwiel. “Hierdie was die beste een nóg!”, is op almal se lippe na die 2023 Simola-heuwelren en die span gesels oor hoe die weer ’n groot rol gespeel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners