Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van... more
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 405 episodes available.
August 03, 2023Wiele2Wiele geniet Toyota se GR Corolla én GR SupraIn vandeesweek se episode kan die Wiele2Wiele-span nie uitgepraat raak oor Toyota se nuwe GR Corolla en GR Supra nie. Hulle vertel meer oor Volkswagen se Polo-modelle en hoe hande vuilmaak ʼn verskil maak. Vir 2Wiele raak die span weer nostalgies oor onvergeetlike reise. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
July 26, 2023Wiele2Wiele maak ʼn draai by Volkswagen se fabriekHierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen Polo’s in Kariega en maak ʼn draai by die Volkswagen-fabriek. Hulle was ook by die Mercedes-Benz AMG Performance-toer by die Kyalami-renbaan. Hulle verduidelik alles oor ratkasolie vir die wenk van die week en vertel van onvergeetlike ysterperd-reise Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
July 19, 2023Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksieHierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa - die M340i. Nicol deel sy wysheid oor enjin-uitlegte en daar is verwikkelinge in die Louw-motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more23minPlay
July 13, 2023Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara kenHierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van die week - alles wat jy wil weet van outomatiese ratkaste. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
July 05, 2023Wiele2Wiele ry met V6 WildtrakHierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
June 29, 2023Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe StelvioHierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more24minPlay
June 22, 2023Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-bootWiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3. Hulle doen ’Speed Dating’ met voertuie by get\Worth en raak nostalgies oor Triumph-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
June 14, 2023Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese trok-reeksWiele2Wiele het die bekendstelling van Volvo se elektriese vragmotor-reeks bygewoon, met Toyota se nuwe Vitz rondgerits en tyd met die Jeep Grand Cherokee spandeer. Hulle gee raad oor hoe jy ‘n turbo-aangedrewe enjin kan warm maak en wenke vir wanneer jy die reënweer met ‘n motorfiets moet trotseer. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
June 08, 2023Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese stadsbuksieWiele2Wiele gesels oor die Ford Everest-reeks wat met twee nuwe modelle spog – die XLT en Wildtrak. Hulle ervaar Sweedse luuksheid met Volvo se elektriese C40 Recharge en vir die eerste keer in 37 jaar, het ’n leefstyl-bakkie tydens die Motor van die Jaar-kompetisie met die louere weggery. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
June 01, 2023Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tucson en C3Wiele2Wiele het drie bekendstellings bygewoon - Hyundai se nuwe Tucson N Line, Citroën se C3 en Honda se Transalp-motorfiets. Hulle gaan ry ook met Renault se Koleos en vertel vir jou wat daardie rooi knoppie op sekere stuurwiele doen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more24minPlay
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 405 episodes available.