Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele gesels oor nuwe Urban Cruiser
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Toyota wat sy splinternuwe Urban Cruiser bekendgestel het en hulle gaan ry met Hyundai se vlagskip Palisade. Hulle raak opgewonde oor die Simola-heuwelren wat die komende naweek plaasvind, gee raad oor restourasie-projekte en gesels oor hoëwerkverrigting-fietse vir 2Wiele. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele ry met Merc se EQ 400
    Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met Mercedes-Benz se vol-elektriese EQC 400, dan stel Suzuki sy nuwe Grand Vitara bekend en jy kry ook ’n lusmaker van die Simola-heuwelren wat van 5-7 Mei plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Baic Beijing X55
    Wiele2Wiele ry hierdie week in besigheidsklas met BMW se 740i, spandeer tyd met Ford se nuwe Ranger XLT 2.0L BiTurbo-bakkie en ervaar hoe die Chinese die koppe laat draai met hulle Baic Beijing X55. Daar is ook ʼn les oor skokbrekers en vere, gevolg deur ’n geskiedenisles oor die Britten-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies
    Hierdie week gaan Wiele2Wiele saam met Ford en sy nuwe enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies op ’n avontuur om ’n verskil te maak. Hulle rits rond met die Fiat 500X, gesels oor die Motor van die Jaar-toetsdae, raak slim oor voertuig-platforms en vir 2Wiele is daar ’n BMW Motorrad-geskiedenisles. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele verken Karoo met nuwe Fortuner en Seltos
    Hierdie week verken Wiele2Wiele die Karoo se besonderse skoonheid van twee kante af – aan die een kant met Toyota SA en sy nuwe 2023 Fortuner en aan die ander kant, saam met Kia SA en sy Seltos. Dit is ook weer tyd vir die Motor van die jaar-toetsdae, waar die 21 finaliste behoorlik op die proef gestel word. Hannes Visser deel die opwinding en ook hartseer van die onlangse Nkomazi 400-veldren en daar is ook terugvoer oor die Ducati 1098 wat uit die waakeenheid is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry met twee Toyota GR-modelle
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault wat sy spliternuwe Captur bekendgestel het en hulle ry met Toyota se Hilux GR-Sport en die GR86. Hulle gee raad oor wat jou banddruk moet wees as jy met jou 4x4 in die sand wil gaan baljaar en vertel jou alles oor BMW se R18 monster-motorfiets Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • ‘n Sanipas-avontuur met Ineos Grenadier
    Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ‘n Sanipas-avontuur met die nuwe Ineos Grenadier, wat gemaak is om enige terrein aan te pak. Hulle gaan ry ook met Volkswagen se Polo-sedan, gesels oor die belangrikheid van olie en gaan ry met BMW se K1600 GT-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met Lexus se UX 250h
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Lexus se luuksste UX 250h kompakte sportnuts en vat ook die pad met die sewesitplek Honda BR-V. Hulle gesels oor Kia se ryke geskiedenis en dan kuier Justus Visagie in die ateljee – hy het die langpad van Johannesburg na Kaapstad met ’n elektriese BMW i4 M50 aangepak. Hulle gaan ry ook met ’n elektriese Silence S01-bromponie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met opgeknapte Hyundai Palisade
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Hyundai se vlagskip Palisade wat ‘n opkikkering ondergaan het. Hulle het ook vir jou die perfekte oplossing as jy ’n gesinsvoertuig soek en terselfdertyd ’n onderneming wil bedryf - Hyundai se Staria Multicab. Terwyl die Formule E in Kaapstad plaasgevind het, was Wiele2Wiele by die Kyalami 9 uur-uithouren en vertel hulle vir jou alles wat daar gebeur het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners