Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele gesels oor Volvo C40 Recharge
    Hierdie week vir Wiele2Wiele word daar gesels oor die onthulling van Volvo se nuwe elektriese C40 Recharge, hulle gaan ry met Isuzu se D-Max V-Cross dubbelkajuitbakkie en hulle monde hang oop oor Ford se nuwe Everest. Daar word ook gekyk na die verskil tussen kW en NM en vir 2wiele word die Suzuki GSX S100 op die proef gestel. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe Scorpio N en C5 Aircross
    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Mahindra se splinternuwe Scorpio-N – ’n groot geharde 4x4-sportnuts wat jy kan koop vir onder R600 000. Hulle spandeer ook tyd met Citroën se C5 Aircross, gesels met Shaun Rouse oor sy aangename karverkoop-ondervinding en daar is groot rooi trane wat vloei in die ateljee oor ‘n motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele kuier saam met Waldo en Hannes van La’t Wiel
    Hierdie week vir Wiele2Wiele kuier Waldo van der Waal en Hannes Visser van die baie gewilde La’t Wiel-motorprogram in die ateljee. Wil jy jou 4x4-wa toerus vir die boendoes? Die nuwe La’t Wiel 4x4-winkel is jou oplossing. Wiele2Wiele gesels ook oor die bekendstelling van Lexus se pragtige en luukse UX 250h kompakte sportnuts wat opgekikker is en gaan ry met Mahindra se XUV700. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor VW se warm Tiguan
    Hierdie week vat die manne die Wiele2Wiele-ateljee oor en gesels oor die Volkswagen Tiguan R, die Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika en Mitsubishi se planne vir 2023. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met VW Golf R
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen se bioniese Golf R en gesels oor Mercedes-Benz se elektriese motors. Hulle gesels oor die verkoop van jou motor en plaas die kollig op Charan Moore, wat die Original by Motul motorfiets-kategorie by die 2023 Dakar-ren gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele vat langpad met Renault Duster
    Hierdie week is Wiele2Wiele breëbors trots oor die Toyota Gazoo Racing-span wat die 2023 Dakar-ren vir die derde keer met ’n Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Hilux gewen het! Hulle vertel ook vir jou hoe dit met al die ander Suider-Afrika Dakar-deelnemers gegaan het. Hulle vat die langpad met die Renault Duster en glimlag breed oor die brandstofverbruik en hulle gee ook raad oor sleutellose-toegang-diefstal en wat jy kan doen om hierdie skobbejakke te fnuik. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels Dakar
    Met die moeilikste ren in die wêreld wat tans aan die gang is, praat Wiele2Wiele hierdie week oor 2023 se Dakar. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele gesels oor nuwe Ford Ranger
    Vir Wiele2Wiele se laaste program van 2022, gesels hulle oor die nuwe generasie Ford Ranger-bakkie. Hulle vertel jou hoe fantasties die Toyota GR Yaris gevaar het by die Killarney 9-uur-uithouren en ook oor die 40ste Killarney Short Circuit 8-uur-motorfietsuithouren. Hulle bring jou ook op hoogte van wie al ons Suider-Afrika motorfietsdeelnemers vir die 2023 Dakar is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Amarok en Dakar
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die nuwe Volkswagen Amarok en Suzuki se nuwe S-Presso. Hulle gesels met die bekende akteur en regisseur Tim Theron en dan is dit tyd vir Dakar-koors met Toyota Gazoo Racing wat hulle span vir die 2023 Dakar-ren bekendgestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners