Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In 3 Minute, 3 Sake gesels ons kortliks oor die week se sakenuus.Sakeliga bestaan om ’n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ’n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding ... more
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.
December 15, 2021Te veel regeringsmag in nuwe gaswet; Grondwet bekykIn die laaste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" vir 2021 gesels Gerhard van Onselen oor Sakeliga se kommer oor die nuwe gaswet, die IMF se ontevredeheid met SA se ekonomie en hy praat ook oor die uitleg van die Grondwet....more5minPlay
December 09, 2021Luister in 3 minute: Grondwetwysiging vaal en BBP krimp in derde kwartaalIn die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die grondwetwysiging wat in die hek geduik het. Hy bespreek ook die bruto binnelandse produk (BBP) se inkrimping in die derde kwartaal en bespreek die belang van netwerke en desentralisering om staatsbestand te word....more4minPlay
December 06, 2021Sakeliga gee siening oor verpligte inentings en staatsbestandheidIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" word die reaksie op pres. Ramaphosa se jongste Covid-19-televisieverklaring bespreek, Sakeliga gee sy mening oor verpligte inentings en deel ʼn paar inleidende gedagtes oor staatsbestandheid....more5minPlay
November 25, 2021Luister in 3 minute: Kritiek op diensbillikheidwet, SA se hoë belastinglasIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die wysigingswetsontwerp op diensbillikheid, Suid-Afrika se hoë belastinglas en kritiek op die staat se lokaliseringsplanne....more5minPlay
November 17, 2021Kommentaar op mini-begroting, staatsbeheerde instellings se verlieseIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" lewer Sakeliga kommentaar op die mini-begroting. Daar word ook gekyk na nuwe insigte oor die arbeidsmark ná die pandemie en verliese by staatsbeheerde ondernemings. Kom luister hier in 3 minute....more4minPlay
November 10, 2021Luister in 3 minute: Dít kan jy van minibegroting verwagGerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die mediumtermynbegroting wat binnekort voorgelê word. Hy praat ook oor Transnet se kredietafgradering, beurtkrag en misdaad....more5minPlay
November 05, 2021Luister in 3 minute: Groenkragooreenkoms, stygende kospryse en pensioenwet bespreekIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste nuus uit die energiesektor en kommer oor stygende kospryse, asook die voorgestelde wysigings aan die pensioenwet wat gepubliseer is....more4minPlay
October 27, 2021Luister in 3 minute: Voorsieningsketting, krag ontwrigIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" word die wêreldwye ontwrigting van die voorsieningsketting bespreek, asook beurtkrag en ʼn hofuitspraak wat elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak sal help verseker. Kom luister in 3 minute....more4minPlay
October 20, 2021Luister in 3 minute: Kommer oor ernstige munisipale verval, inflasieIn die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor munisipale verval, ʼn nuwe skema vir plaaslik vervaardigde produkte en kenners wat bekommerd oor inflasie is....more4minPlay
October 14, 2021Acsa plaas druk op vliegkaartjies se pryseIn die jongste uitgawe van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het....more4minPlay
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.