Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In 3 Minute, 3 Sake gesels ons kortliks oor die week se sakenuus.Sakeliga bestaan om ’n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ’n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding ... more
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.
July 14, 2021Onluste se impak op ondernemings, ekonomie; Wêreldbank waarsku SAGerhard van Onselen van Sakeliga is terug in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" en kyk hoe die onluste die plaaslike ekonomie en sakeondernemings sal raak. Hy bespreek oor die Wêreldbank se waarskuwing aan Suid-Afrika te midde van die onrus....more3minPlay
July 09, 2021Sakekamer meen kragskepe kan help; middelklas onder druk en Lamberti nou by SakeligaIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" kom die Turkse kragskepe weer onder die loep. Die Suid-Afrikaanse middelklas ervaar groot finansiële druk, en laastens, die ekonoom Russell Lamberti sluit by Sakeliga aan....more4minPlay
July 02, 2021Moody’s kap Tshwane-metro raad; NGV met regstappe bevegIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings....more4minPlay
June 24, 2021Luister in 3 minute: SA beklee laagste posisies in mededingendheidGerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar....more4minPlay
June 18, 2021Goeie nuus oor landboubedryf, kragopwekkingIn die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die hernude vertroue in die landbousektor, bykomende kritiek op die mededingingskommissie se besluit om die Burger King SA-transaksie te stuit en die positiewe nuus oor onafhanklike kragopwekking....more4minPlay
June 10, 2021Impakstudie oor onteiening bekyk; munisipale wanbestuur laat fabriek sluitGerhard van Onselen van Sakeliga bespreek weer drie van die grootste sakestories in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake": Die regering se impakstudie oor onteiening, munisipale wanbestuur in Lichtenburg en die Mededingingskommissie se besluit om ʼn Burger King-transaksie te keer.Kom luister in 3 minute:...more4minPlay
June 03, 2021Kommer oor openbare skuld, swakker hawens en skerper aanslag teen ekonomiese vryhedeIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit. Die soeklig word ook geplaas op die swak prestasie van plaaslike hawens en vrae gevra oor die regering se beleidstellings wat lyk of dit tot ʼn skerper aanslag teen ekonomiese vryhede in Suid-Afrika kan lei....more4minPlay
May 28, 2021Saak teen SEB-regulasies draai weer in hof; plaaslike ekonomiese situasie bekykIn hierdie week se aflewering van "3 Minute, 3 Sake" praat Gerhard van Onselen oor Sakeliga se uitgebreide veldtog teen SEB-en verkrygingsregulasies wat die week weer in die hof gedraai het. Hy kyk vervolgens na die ekonomie in die tweede kwartaal en, laastens, na stof tot nadenke vir sakelui in die huidige ekonomiese toestande....more4minPlay
May 20, 2021Luister in 3 minute: Invoere, NGV en inflasie in die kolligGerhard van Onselen van Sakeliga bespreek ʼn moontlike verbod op die invoer van sekere produkte, die oordrag van bates aan die Nasionale Gesondheidsversekering en inflasie....more4minPlay
May 13, 2021Blaps met kragskepe, vrae oor drankverkope en ’n grendelgenerasieDie regering se planne om bykomende kragopwekking by Karpowerships te verkry, het reeds ʼn string probleme. SAB vra vir sekerheid oor alkoholverkope en daar is kommer oor die inperkings se uitwerking op jeugarmoede. Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die belangrikste sakekwessies....more4minPlay
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.