Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In 3 Minute, 3 Sake gesels ons kortliks oor die week se sakenuus.Sakeliga bestaan om ’n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ’n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding ... more
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.
February 10, 2021Stimulus vir klein ondernemings misluk, mynboubedryf sukkelIn die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga BASA se kommentaar op die stimulus vir kleinsakeondernemings, die Minerale Raad se oorsig oor die mynboubedryf en ondersoek na hoër pryse vir knoffel en gemmer....more4minPlay
February 03, 2021Sake-omgewing steeds omvergewerp; sentralisasie se impak op gesondheidsbedryf ondersoekGerhard van Onselen van Sakeliga is terug met nog ʼn episode van "3 Minute, 3 Sake" waarin hy die verslapping van sekere Covid-19-regulasies op die plaaslike sakewêreld ondersoek, asook die moontlikheid van ʼn stygende werkloosheidsyfer en die uitwerking van sentralisasie op die gesondheidsbedryf bespreek....more5minPlay
January 28, 2021Wysiginge aan wet op diensbillikheid, toerisme onder die loepGerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" die nuwe wysiging van die wet op diensbillikheid en die stryd wat die toerismebedryf tans voer....more4minPlay
January 21, 2021Impak van alkoholverbod, huisprysindeks en arbeidswetgewingIn die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste huisprysindeks van FNB, die ekonomiese implikasies van die algehele alkoholverbod en problematiese arbeidswetgewing....more4minPlay
January 18, 2021Luister in 3 minute: Hou die oog op belastings in 2021Gerhard van Onselen van Sakeliga ondersoek die volgende sake in die jongste "3 Minute, 3 Sake": Vlak 3-inperkings word volgehou, munisipale druk in 2021 en Sakeliga is op soek na ʼn beter kleinsakewysigingswet....more4minPlay
December 14, 2020BBP-syfers, moontlike aandele in Eskom en toerismebedryf onder die loepIn die jongste "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste BBP-data, ʼn plan om Eskom-skuldbriewe in aandele te omskep en die toerismebedryf wat steeds weens die Covid-19-pandemie ly....more4minPlay
December 02, 2020Strenger beleid, wetsontwerpe gaan werkloses nie helpGerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die strenger beleid en wetsontwerpe wat die regering wil instel om werklose mense te help en armoede te verlig. Hy kyk ook na ʼn verslag wat daarop dui dat armoede toegeneem het te midde van die Covid-19-pandemie....more4minPlay
November 25, 2020Regeringsbeleid, Covid-19 en rommelstatus kniehalter ekonomiese herstelIn vandeesweek se aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, die kredietgradeerders se besluit om die plaaslike regering se skuld nog dieper in rommelstatus af te gradeer. Hy kyk ook na Sakeliga se jongste verslag wat ʼn oorsig oor die ekonomie gee, en gee ʼn blik op die Netcare-groep se handelsoorsig....more4minPlay
November 19, 2020Sakeliga staan Reserwebankwet se wysigings teenIn vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" kyk Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder van Sakeliga, na die voorgestelde wysigings aan die Reserwebankwet en die Wet op Nasionale Padverkeer....more4minPlay
November 11, 2020Internasionale verslag oor SEB beklemtoon kommerGerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se aflewering van "3 Minute, 3 Sake" ʼn internasionale verslag wat die probleme met swart ekonomiese bemagtiging uitwys. Hy kyk ook na twee ekonomiese gevolge van die afsonderingsmaatreëls vir die Covid-19-pandemie....more4minPlay
FAQs about 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga:How many episodes does 3 Minute, 3 Sake - Sakeliga have?The podcast currently has 157 episodes available.