Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops (Afrikaans)

Download on the App Store

Agriskoops (Afrikaans) episodes

  • Agriskoops - 9 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur van die SA Rooibosraad, Dawie de Villiers. Hy praat oor 'n program waarin Rooibos-saad na die Internasionale Ruimtestasie gestuur sal word om te sien hoe dit op ruimtetoestande reageer. Hy verduidelik hoe die program nie net Suid-Afrika se landbou-erfenis en wetenskaplike vermoëns vier nie, maar ook beduidende opvoedkundige waarde het.
    5 min
  • Agriskoops - 8 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die operasionele bestuurder van die organisasie Ikusasa, Raymond Baker. Hy verduidelik wie Ikusasa is en wat hulle boerderye bied. Hy deel van hulle suksesverhale en die organisasies en betrokkenheid in die landboubedryf.
    6 min
  • Agriskoops - 7 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor insetkoste teenoor winsgewendheid, veral met ʼn uitdagende seisoen wat vir boere voorlê in terme van voorspellings van ʼn super El Niño. Hy deel TLU SA se advies hoe boere ʼn gesonde balans kan handhaaf tussen insetkoste en winsgewendheid.
    4 min
  • Agriskoops - 6 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk van World Focus Agri. Hy gesels oor oor mikrofyn Kalk en gips. Hy verduidelik wat mikrofyn kalk en gips is, hoe dit werk, wanneer dit toegedien kan word en ook wat die voordele daarvan is.
    7 min
  • Agriskoops - 6 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk van World Focus Agri. Hy gesels oor oor mikrofyn kalk en gips. Hy verduidelik wat mikrofyn kalk en gips is, hoe dit werk, wanneer dit toegedien kan word en ook wat die voordele daarvan is.
    7 min
  • Agriskoops - 5 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy verduidelik hoe hulle stelsels gebruik maak van kombinasies van ultrafiltrering en omgekeerde osmose om water te herwin en terug te wen. Hy gee verder ʼn oorsig van die belangrikheid van goeie waterbestuur in terme van omgewingsregulasies rondom afvalwater en afloop. NuWater se aanlegte is mobiel, aanpasbaar en vinnig ontplooi-baar.
    6 min
  • Agriskoops - 2 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Hy verduidelik die belangrikheid van oesversekering voor, tydens en ná die plantseisoen, aangesien weer soms baie onvoorspelbaar is. Hy gee ʼn oorsig van produkte wat AgriSeker aan boere bied om vir hulle gemoedsrus te gee.
    6 min
  • Agriskoops - 1 Oktober 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Oktober is vir baie boere ’n kritieke maand, met plantwerk, trekkers en implemente wat lang ure onder druk moet werk. Nelson gesels oor produkte wat spesifiek op die landbou-mark gemik is en hoe boere hierdie produkte tot hul voordeel kan gebruik. Hy gee ook waardevolle wenke wat boere kan doen om te verseker dat hulle voertuie en implemente optimaal werk.
    6 min
  • Agriskoops - 30 September 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lambert Blom van Limagrain. Hy gesels oor Limagrain se sojaboonprodukte en wat presies hulle aan produsente bied. Limagrain word gesien as een van die markleiers in sojaboonproduksie in Suid Afrika. Blom verduidelik wat Limagrain van die ander saadmaatskappye in die mark onderskei en watter ondersteuning hulle aan produsente bied.
    5 min
  • Agriskoops - 29 September 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die nakomingsbeampte by Winfield United Suid-Afrika, Jandri Nienaber. Sy gesels oor haar rol as WinField United Suid-Afrika se eerste groep nakomingsbeampte en hoe haar kinderjare op die plaas haar besluit om in die landbousektor te werk beinvloed het. Sy deel ook ʼn inspirerende boodskap vir ander jong vroue in landbou.
    6 min

About Agriskoops (Afrikaans)

From the publisher's feed

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente,…