Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, b... more
FAQs about Agriskoops (Afrikaans):How many episodes does Agriskoops (Afrikaans) have?The podcast currently has 219 episodes available.
September 03, 2026Agriskoops - 3 September 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Tegniese Spesialis in Plantvoeding by InteliGro, doktor Karen Truter. Sy gesels oor die belangrikheid en waarde van presisieboerdery. Sy gee ’n oorsig van wat sy waargeneem het tydens haar PhD-navorsing wat gefokus het op hoe tegnologie en data gebruik kan word om besluitneming, doeltreffendheid en winsgewendheid in gewasproduksiestelsels te verbeter....more6minPlay
September 02, 2026Agriskoops - 2 September 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Albert Claassens. Hy vertel meer oor wat iMPAC Cropsure onderskei van ander maatskappye, hoe hulle met makelaars werk en die rol van oesversekering in ʼn boerdery se risiko....more4minPlay
September 01, 2026Agriskoops - 1 September 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Hy gesels oor Engen Xtreme en hoe dit ʼn belangrike produk vir die landbousektor is. Hy gee ʼn oorsig wat die produk in praktiese terme vir boere, landbouwerktuigkundiges en ander landboubesighede wat elke dag op hul voertuie staatmaak doen. Hy verduidelik verder hoe Engen reeds ʼn lang pad saam met landbou in die land stap....more6minPlay
August 31, 2026Agriskoops - 31 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy gesels oor die opbrengs op belegging (ROI) van Kommersiële Sonkrag in Suid-Afrika. Hy verduidelik wat is die tipiese terugbetaaltydperk vir 'n kommersiële sonkragstelsel in Suid-Afrika en watter faktore beïnvloed hoe vinnig 'n besigheid gelyk breek. Hy gee ook ʼn oorsig van watter soort jaarlikse opbrengs 'n besigheid kan verwag oor die lewensduur van die stelsel....more6minPlay
August 28, 2026Agriskoops - 28 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Riani Erasmus. Sy gee ʼn oorsig van die maatskappy se Inkomstewaarborg produk, wat dit alles dek, hoe boere vir dit kan aansoek doen en hoe aanplantings gemonitor word....more6minPlay
August 27, 2026Agriskoops - 27 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor koringgenetika en waarom plaaslike navorsing en die ontwikkeling van koringgenetika belangrik vir Suid-Afrikaanse koringprodusente is....more6minPlay
August 26, 2026Agriskoops - 26 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee is oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bied binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is en hoe iMPAC Cropsure landwyd beskikbaar is....more6minPlay
August 25, 2026Agriskoops - 25 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Gehaltebeheerbestuurder by Limagrain, Lyniarie Erwee. Sy gee ’n oorsig van Limagrain se kwaliteitstandaarde as dit by saad kom, wat Limagrain uniek maak as dit by saadtoetsing kom en hoekom hierdie saadtoetsing so belangrik is. Sy verduidelik watse voordeel dit juis vir die produsent bied....more6minPlay
August 24, 2026Agriskoops - 24 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee 'n oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bie binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is. iMPAC Cropsure is landwyd beskikbaar....more5minPlay
August 21, 2026Agriskoops - 21 Augustus 2026Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor Limagrain se hoofdoelwit met julle deelname aan NAMPO Kaap vanjaar en wat boere hierdie jaar van hulle kan verwag. Hy gee ook ‘n oorsig van nuwe tegnologieë, kultivars of oplossings wat te sien sal wees by die Limagrain uitstalling....more6minPlay
FAQs about Agriskoops (Afrikaans):How many episodes does Agriskoops (Afrikaans) have?The podcast currently has 219 episodes available.