Dr. Jacqueline Matroos, ‘n 39-jarige boorling van Windvogel in Gqeberha, het ‘n verhaal van uithou en aanhou, ondanks baie teleurstellings. Dis ook ‘n verhaal met ‘n gelukkige einde. Einde verlede jaar, net duskant haar 40e verjaarsdag, het sy daarin geslaag om uiteindelik dokter voor haar naam te skryf. Op haar verjaardag in 2014 het prof. Russel Bothman, destyde rekor van die Universisteit Stellenbosch, haar aansoek om te studeer onverwags goedgekeur. Dit was haar 14e aansoek daar…