Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld vra wanneer is dit ‘n goeie tyd om plante, meer spesifiek bome en struike, te plant. Die antwoord is nou, en nie in die lente nie. Een van die vrae wat JJ gereeld kry, is of mens professionele hulp soos ‘n landskapsargitek moet kry om jou tuin uit te lê, of kan jy dit self doen. Die plant van die week is Primula acaulis, wat as die English Primrose bekend staan.