
Sign up to save your podcasts
Or


Daar is internasionale ekonomiese aanwysers en plaaslike politieke nuus wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed. Hier is van die belangrikste hoogtepunte.
Hierdie episodeword ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Met die dat dit lyk of Msibisi Jonas nie ons saak in die VSA beredder nie, is ons enigste hoop die TACO hipotese.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics
Ek het die afgelope week of wat die kans gekry om ʼn ekonomie praatjie te lewer by twee feeste en dit was interessant om te hoor wat mense vra. Die ekonomiese nuus het ʼn groot klomp mense bedruk, maar baie hou nog moed.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Die nuutste nuus bly die 30%-tariefskok wat Suid-Afrika miljarde in uitvoere en tien- tot honderduisende werksgeleenthede kan kos. Op 1 Augustus gaan dieTrump-administrasie ’n 30 persent tarief hef op alle Suid-Afrikaanse goedere wat die VSA binnekom. Die openbarerede? Om Amerika se handelsbalans te verklein. Die ware rede? Washington wil hê Pretoria moet sy swart ekonomiese bemagtigingsvereistes laat vaar, die klousule oor onteiening sonder vergoeding hersien, en selfs toesig hou oor ’nbevrydingslied.
Dit plaas President Cyril Ramaphosa in ’n hoek: aanvaar ’n tarief wat die ekonomie seermaak, of gee toe op beleid wat die ANC as nie-onderhandelbaar beskou. Is daar ’n middeweg? Ek het o.3 gevra vir ’n plan wat Washington tevrede kan hou terwyl Suid-Afrika se kernbelange beskerm word. Gee my vyf minute.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
President Trump het gister aangekondig dat ʼn 30% tarief gehef gaan word op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA vanaf 1 Augustus. Dit is ʼn terugslag vir ons ekonomie.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Na verlede week se verbetering in verbruikersvertroue is daar nog ʼn paar aanwysers wat mens bietjie moed laat skep.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die laaste paar weke is daar ʼn lekker warm debat oor Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Die amptelike syfer uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopname staan op 32,9%, of tewel 8,228 miljoen mense wat werkloos is uit ʼn arbeidsmag van 25,015 miljoen mense. Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie, het gesê die koers is dalk nader aan 10%, en ander kommentators het ingespring om te sê dat die waardheid iewers tussenin is.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch
As mens hoor dat Israel vir Iran aanval en die VSA tree toe tot die stryd wonder jy of jy dalk maar moet naslaan wat Nostradamus hieroor te sê gehad het, maar blykbaar hetdie markte ophou nuus kyk en steur hulle nie aan sieners nie.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Johan Fourie het gister ʼn interessante blog inskrywing gemaak waar hy die teenstellende idees oor die ekonomie en die rol van die regering omskryf. Aan die een kant is daardie siening dat die land ontbloot, gedeïndustrialiseer en sogenaamd “financialised” is, terwyl die regering inkrimpende fiskale beleid en mark-vriendelikehervormings najaag. Aan die ander kant is die siening dat Suid-Afrika se agteruitgang nie die gevolg is van vryemarkte nie, maar van regeringsmislukking, pagsoekery en beleidsonsekerheid. Die vraag wat by my opkom is of inklusiewe groei die middeweg is?
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Met die dat ons hoop is dat verbruikers ekonomiese groei moet dryf is hierdie week se April kleinhandelsyfers en die Buro se tweede kwartaal kleinhandel opname belangrik en kommerwekkend.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.