
Sign up to save your podcasts
Or


Ekonome is maar bekommerd oor hoe dit met die ekonomie gaan in hierdie tweede helfte van die jaar. Ons weet dat die ekonomie gegroei het in die eerste kwartaal en ingekrimp het in die tweede. Data oor die derde en vierde kwartaal word stadigaan beskikbaar en daarin sien mens die impak van stadiger groei van die wêreldekonomie, hoë inflasie en rentekoerse, en ook beurtkrag. Nuwe syfers vir ABSA se aankopebestuurdersindeks, Naamsa se nuwe voertuig verkope-data en privaatsektor kredietverlening wys hoe moeilik dit is om te bepaal hoe dinge gaan.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
I spent so much time talking about the mini-budget last week that other economic indicators were left behind. Fortunately, the Bureau of Economic Research's weekly newsletter provides a good summary of the week that was and the indicators to watch this week.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Ek het die afgelope week so baie oor die mini-begroting gepraat dat ander ekonomiese aanwysers agterweë gebly het. Gelukkig gee die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se weeklikse nuusbrief ʼn goeie opsomming van die week wat verby is en die aanwysers om dop te hou hierdie week.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
This past week there was a celebration over the apparent end of the Gauteng e-toll project. In the mini-budget, the Minister of Finance announced that the national government and Gauteng provincial government will take over the debt and interest obligations and that maintenance of the highway network must be financed by the province in the future with tolls or from other sources. However, the ANC government in the province has said on numerous occasions that it is not right that the province's residents have to pay e-toll for their highways. So it looks like the end of the system. This has important implications.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Hierdie afgelope week is daar feesgevier oor die oënskynlike einde van die Gautengse e-tol projek. In die mini-begroting het die Minister van Finansies aangekondig dat die nasionale regering en Gautengse provinsiale regering die skuld en renteverpligtinge oorneem en dat instandhouding van die snelwegnetwerk in die toekoms deur die provinsie gefinansier moet word met tolgeld of ander bronne. Die ANC regering in die provinsie het egter by talle geleenthede al gesê dit is nie reg dat die provinsie se inwoners e-tol moet betaal vir hulle snelweë nie. Dit lyk dus soos die einde van die stelsel. Dit het belangrike implikasies.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Beurtkrag is die enkel grootste uitdaging wat ons ekonomie in die gesig staar en baie kommentators was teleurgesteld dat die mini-begroting so min gesê het oor die planne om die krisis op te los. Die Minister van Finansies het breedweg verduidelik dat ʼn derde tot twee derdes van Eskom se skuld deur die regering oorgeneem gaan word. Dit is nodig vir die ontbondeling, sodat nie een van die drie nuwe entiteite te veel skuld het nie. Dit sal hulle toelaat om opnuut te leen om belangrike investering in hernubare opwekking en die netwerk te finansier. Daar is egter ʼn paar belangrike vrae wat beantwoord moet word.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Loadshedding is the single biggest challenge facing our economy and many commentators were disappointed that the mini-budget said so little about plans to solve the crisis. The Minister of Finance broadly explained that a third to two-thirds of Eskom's debt will be taken over by the government. This is necessary for the unbundling, so none of the three new entities has too big a debt burden. This will allow them to borrow anew to finance important investments in renewable generation and the grid. However, there are some important questions that need to be answered.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Since the Minister delivered the budget speech in February, inflation and interest rates have risen and the economy has grown more slowly than expected. Yet he explained yesterday though that the government finances are looking relatively good.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Sedert die Minister die begrotingsrede gelewer het in Februarie het inflasie en rentekoerse gestyg en die ekonomie het stadiger gegroei as wat verwag is. Hy het egter gister verduidelik dat dit gaan relatief goed met die staatsfinansies.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Met die Covid-19 pandemie in 2020 het owerheidsbesteding, die begrotingstekort en staatskuld skerp toegeneem. Voor dit was daar in talle begrotings sprake van besuiniging, maar met die pandemie is ʼn plan in werking gestel om owerheidsbesteding in reële terme te besnoei. Ek sal die eerste wees om te argumenteer dat dit belangrik is om die skuldlas te verminder, maar die afgelope week is navorsing gepubliseer wat wys dat dit nie sonder koste kan gebeur nie.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.