Die landbou-sektor was die toppresteerder van gister se ekonomiese groeisyfers. Landbou maak in ʼn totaal ʼn klein deel uit van die ekonomie, net 2% van die BBP, maar dit het ʼn derde van groei van 1,6% bygedra. Die waarde van produksie het met 19% gegroei in die derde kwartaal. Die sektor verteenwoordig 5,5% van totale indiensname, en daardie 873 000 werksgeleenthede is 5% meer as verlede jaar. Dit is veral gesaaides, groente en vrugte wat bygedra het tot die sektor se veerkragtigheid. Die waarde van uitvoer het in die eerste agt maande van die jaar 8,9 miljard dollar beloop.