Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die arbeidsmagopname vir die derde kwartaal bekend gemaak – dit is die periode Julie, Augustus en September. Die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 33,9% tot 32,9%. Gemeet volgens die breë definisie wat die ontmoedigde werkers insluit, het die koers ook met een persentasiepunt afgeneem tot 43,1%. Die bedrywe waar daar werk geskep was, is vervaardiging, handel, konstruksie en vervoer.