Skokke, soos ʼn pandemie, of ʼn oorlog, laat gewoonlik ontluikende markte se geldeenhede swaar kry. Die rand was tot onlangs toe ʼn uitsondering, maar oor die afgelope twee weke het dit 7% swakker verhandel teen die dollar. Na Woensdagaand se rentekoersverhoging deur die Amerikaanse federale reserwebank het dit gister weer onder R16 teen die dollar verhandel (dit eindig op R16,04/$1). So wat kan ons volgende verwag?