Statistieke Suid-Afrika het gister aangekondig dat die werkloosheidskoers in die derde kwartaal verder toegeneem het en nou op 34,9% staan. Volgens die breë definisie, wat ook ontmoedigde werksoekers insluit, is die werkloosheidskoers 46,6%. Dit is skrikwekkend en onvolhoubaar, en ongelukkig gaan dit waarskynlik nog verder versleg. Daar is ʼn paar redes daarvoor.