Professors en kommentators sê gereeld dat ekonomiese hervormings dringend nodig is. Maar het ons beleidmakers soos die Reserwebank, Tesourie, die Departement van Handel en Nywerheid, of selfs die President, nog raad nodig? Ek was gister by ʼn LEAP werkswinkel in Stellenbosch oor die invloed wat ekonomiese geskiedenis navorsing op beleid kan hê en daar wat ʼn hele paar interessante perspektiewe.