Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak

Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak

By PodmediaSociety & Culture
Download on the App Store

Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak episodes

  • Dr. Danie Langner - Voortrekkermonument
    Dirk gesels met Danie oor die Voortrekkermonument (VTM), sy visie vir die toekoms en hoe dit gaan met die omdraai-strategie.

    Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

    Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.
    Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.
    27 min
  • Dawie Roodt
    Dirk se geselsie met Dawie begin heel lig en word stelselmatig 'n rou gesprek oor die lewe, konstante selfverbetering en 'n boodskap van hoop in 'n donker tyd. Geniet dit en onthou om in te teken deur "Subscribe" te druk op Apple Podcasts of te "Follow" op Spotify.
    16 min
  • Flip Buys
    Dirk kon net voor die staatsinperking met Flip gesels. Hulle raak aan verskeie onderwerpe, soos die artikel wat Flip geskryf het, eie arbeid, en die belangrikheid van met mekaar praat.
    27 min
  • Die Eerste Episode van 2020
    Dirk is terug met sy eerste episode van die nuwe jaar. Hy bespreek die idee van eie arbeid, hoekom sommige Afrikaners hulself as "te goed" ag vir sekere werk en ons afhanklikheid van goedkoop arbeid wat ons vyandig is.
    8 min
  • Charl & Liza-Marie Oberholzer
    Charl & Liza-Marie is die eienaars van De Afrikander Handelshuis asook die REPUBLK handelsmerk. Hulle het met Dirk gaan praat oor geskiedenis, podsendings, identiteit en waarom Afrikaners so lief is om "New York" hemde te dra.
    24 min
  • Sue-Ann de Wet
    Dankie aan ons borg, SAPMOK vellies! (Sapmok.com). Sue-Ann de Wet van Wêreldwyd gesels met Dirk oor Afrikaners in die diaspora. Teken in, deel en praat saam op Twitter.
    14 min

About Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak

From the publisher's feed

Sake wat Afrikaners raak. WhatsApp jou stemboodskap en word ingesluit in die volgende episode. Kom gesels saam oor Afrikaners, ons uniekheid, ons voorkeure, ons swakhede, ons geite en geskiedenis. Die…