Het jy al gekyk na die dinge wat in die wêreld om jou gebeur, of die goed wat mense doen en gewonder of liefde dan regtig wen?
Die Sondag begin ons 'n nuwe reeks waar ons gaan delf in Kolossense 3:12–14 en die eerlike vraag vra: Wen liefde regtig? Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd.