Wat is die prentjie in jou gedagtes, wanneer ek die woord Jesus sou sê? Die meeste van ons sal dink aan Hom, gebore in die krip, Hy het op aarde gewandel. Hy is gekruisig. Hy het uit die graf opgestaan. Opgevaar na die hemel. En ons wag op Sy wederkoms. Wel, dit is absoluut waar.Maar vandag wil ons u 'n ander perspektief bied. En ons wil dit uit die boek Hebreërs neem. Hierdie perspektief is dat Jesus Christus die Koning van heerlikheid is. Hy is oppermagtig en Hy is heerlik. Alles van hoe ons die werklikheid en die lewe beskou, en hoe ons onsself beskou, wat voortspruit uit hierdie fundamentele ontdekking.