Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
June 17, 2025Ernst Swart, die publisiteitsghoeroeErnst Swart wou homself aanvanklik in die advertensiewêreld begewe, maar het bitter gou uitgevind dit laat nie sy hart vinniger klop nie. Toe beland hy per toeval in die media en toe ook in die TV-bedryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy 'n werk waaroor hy gaande was in Johannesburg by 'n gewilde sepie, gelos het om sy suster tydens haar kankerreis in die Moederstad te gaan ondersteun. Op die ou end het hy nooit teruggegaan Johannesburg toe nie. Hy vertel van sy werk as publisiteitsghoeroe en hoe hy ego’s hanteer....more9minPlay
June 17, 2025'n 14de Eeuse moordverhaalMedieval Murder Maps, ‘n Projek wat met digitale hulpbronne na moord en verdagte sterftes in 14de eeuse Londen, Oxford en York kyk, sit nou die stukkies van die legkaart uit verskillende bronne aanmekaar om insigte te kry oor die maniere waarop mense geweld uitgevoer het, en die maniere waarop mense hulle daaroor bekommer het. Só kom fassinerende feite en karakters na vore....more2minPlay
June 16, 2025Night, polisiehond van staal!Aan watter eienskappe moet ’n hond voldoen om ’n polisiepatrolliehond te kan wees? Mariska Spoormaker het dit met adjudantoffisier Damian Theron van die polisie se honde-eenheid in Gqeberha bespreek, nadat sy patrolliehond, Night, wat in April vanjaar ernstige steekwonde opgedoen het met die vastrek van ’n verdagte, weer aan diens is, en reeds ’n verdagte help aankeer het....more8minPlay
June 16, 2025Twee Kaapse leerders in SA-toutrekspanMartelize Brink gesels met Alita Basson van HTS Drostdy en Anja van Jaarsveld van Melkbosstrand Hoërskool oor die opwindende sport van toutrek, en wat dit so uniek maak. Hierdie twee talentvolle jong sportvroue is op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Engeland. Anja is lid van die 480 kg o/19 dogters Protea-toutrekspan, en Alita is onderkaptein van die 520 kg o/19 gemengde Protea-toutrekspan....more8minPlay
June 16, 2025Hoe het julle ontmoet? 16 Junie 2025Francis Marais vertel vir Martelize Brink sy was nog op hoërskool toe sy en Ivan mekaar op ‘n blinde afspraak by ‘n garagepartytjie ontmoet het....more6minPlay
June 16, 2025Selfone dink dansers is in motorongelukkeDie Britse polisie het gewaarsku teen rockfeesgangers wie se selfone dink hulle is in motorongelukke, oor die manier hoe daar gedans word. Vorige jare is daar oor die rockfeestyd tot 700 meer noodoproepe gemaak as gewoonlik....more2minPlay
June 13, 2025Dié kleikafee voed kreatiwiteitHaidee Muller-Isaacs kuier by ’n kleikafee, waar oud en jonk kreatief kan raak. Sy vind toe uit die mense wat hulle kinders bring, is meer ernstig oor die verfstorie as hulle kroos....more9minPlay
June 13, 2025360 Speseryroete - Deel 85Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor swart knoffel....more7minPlay
June 13, 2025Amerikaanse vlagvoetbalArmin van As vertel van Amerikaanse vlagvoetbal, wat ‘n nuwe sport by die 2028 Olimpiese Spele is....more8minPlay
June 13, 2025Sopnat in NamibiëDuitse toeriste het Dinsdag ‘n sopnat ontvangs op die lughawe in Windhoek gekry toe ‘n brandslang handuitgeruk het....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.