Dit is ‘n eksotiese vrug, maar dit is ook ’n mens. Die naam is Alex, draakvrug van die Gamtoosriviervallei, maar ook die werker wat dié spesie gevind het. Mariska Spoormaker het gaan kuier by die plaas Ferndale, en wou eers by Jackye Riddle, Suid-Afrika se eerste draakvrugboer, weet hoe sy 18 jaar gelede met draakvrug begin boer het.