Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
May 26, 2025Hoe't julle ontmoet? 26 Mei 2025Johan Crous vertel vir Martelize Brink van sy en sy vrou, Carmen, se ontmoeting in Duitsland in 1975. Hy is Afrikaans, sy is van Chili en haar moedertaal is Spaans. Dinge het in Duits gebeur....more7minPlay
May 26, 2025Water breek op lug‘n New Yorkse plaaslike TV-nuusaanbieder het haar drie uur lange oggendskof begin, twee ure nadat haar water gebreek het. Sy het werk verkies bo wag by die hospitaal!...more1minPlay
May 23, 2025Liewe Lister, wat ‘n enjin!Vir meer as 150 jaar het die getroue Lister-enjin plaaspompe laat werk en die ligte laat skyn, maar nou word sommige van dié staatmakers as skroot verkoop. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjin-klubs doen hulle bes om die belangstelling in Listers behoue te laat bly, al moet ’n Lister oopgesny word, het Mariska Spoormaker gevind....more7minPlay
May 23, 2025360 Speseryroete - Deel 82Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die verskil tussen boullion en aftreksel as geurmiddel....more7minPlay
May 23, 2025Politiek in die Verre OostePolitiek in die Verre Ooste is sensitief. Japan se Minister van Landbou het bedank omdat hy gesê het hy koop nie rys nie, hy kry dit verniet. In Suid-Korea kan jy nie koffie bestel met ‘n naam wat dieselfde is as dié van ‘n presidensiële kandidaat nie. Dis te polities van aard....more2minPlay
May 22, 2025Fynbos-LegoChristoff van Wyk vertel vir Martelize Brink van ‘n fynbostema Legostel wat hy ontwerp het. As dit genoeg stemme kry, mag Lego oorweeg om dit te vervaardig....more10minPlay
May 22, 2025Susan se staptogteHaidee Muller-Isaacs gesels met oudsendeling Susan Murray oor haar werk in die Noord-Kaap, Malawi en Zimbabwe saam met haar man. Hulle gesels ook oor die staptogte wat haar uiteindelik gehelp het om haar man se dood te kon verwerk....more10minPlay
May 22, 2025Jonk 22 Mei 2025Dr. Ria Smit praat oor koffie as ‘n kuur. Jy kan dit drink vir sy voordele, maar ook aan jou vel aanwend....more13minPlay
May 22, 2025Vlieënde taxi’s vir Olimpiese SpeleVir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles word daar beplan om lugtaxi’s beskikbaar te hê. Dit vlieg soos ’n helikopter, en kan tot vier passasiers op ‘n slag vervoer....more2minPlay
May 21, 2025Johann Maarman se nuuspadGesoute joernalis Johann Maarman vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootwordjare as een van elf kinders in die Swartland. Sy huiswerker-ma het groot drome vir hom gekoester, en sy pa was ongeletterd. Vandag is Johann adjunkredakteur van Die Burger....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.