Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Groenkrag en elektrisiteitsverspreiding
    Ons praat oor ‘n olifant of twee in die vertrek met Hein Vosloo, wat baie jare by Eskom se kragverspreidingsnetwerk gewerk het. Johan Rademan gesels met hom oor hernubare energie, of groenkrag, se uitdaging, wat die verspreiding daarvan is.
    6 min
  • Jonk 24 Julie 2025
    Willie Schoeman verduidelik wat hiperbariese suurstofterapie behels, waar jy aan hoër atmosferiese druk blootgestel word.
    7 min
  • Tifoontroue
    ‘n Tifoon en ’n oorstroomde kerk was nie genoeg rede vir ‘n paartjie in die Filippyne om hulle troue uit te stel nie.
    2 min
  • Êrens oorsee 22 Julie 2025
    Jan Hugo vertel vir Martelize Brink van Lagos in Portugal waar hy al vyf jaar woon. Hy vertel dit sukkel maar om die taal aan te leer, maar jy kom goed reg daar met Engels.
    15 min
  • Baviaanskloof: Nie nét 'n basaar nie!
    Dink net... net omdat jy na die kerkbasaar gaan, het jy gratis toegang tot die ongerepte Baviaanskloof Wildernisgebied, ‘n provinsiale natuurreservaat. En dit is nie al nie – die boere in die landbougedeelte van die Baviaanskloof bied ook gratis verblyf aan die basaargangers van buite. Daar aangekom, het Mariska Spoormaker haar verluister aan Amanda Lamprecht se groot geesdrif vir die omgewing én die basaar.
    7 min
  • Hond se familie
    Vier dae nadat ‘n gesin se aanneemhond, Rufus, oorlede is, sien hulle ‘n diereskuiling adverteer ‘n hond wat nes hy lyk. Nadat hy aangeneem is, doen hulle ‘n genetiese toets wat wys dat die nuwe hond Rufus se pa is!
    2 min
  • Kaapse Bergkwagga-projek
    Dr. Marienne de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Kaapse Bergkwagga-projek en die stappe wat gedoenword om die verskillende bloedlyne bymekaar te bring.
    13 min
  • Leslie se toutrek en tuin
    Leslie Ruiters het 'n passie vir toutrek, en help kinders in Bellville-Suid in die Kaap om van die strate af te kom deur hulle betrokke te kry by die sport. Hy is ook betrokke by die Hoërskool Bellville-Suid waar hy help om 'n groentetuin aan te lê. Leslie het groot maatskappye nadergehark om te help met stootskrapers om die gebied plat testoot, so dis nie 'n klein groentetuintjie nie! Haidee Muller-Isaacs gesels met hierdie dinamiese man.
    9 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.