Gister, op Moedersdag, is die moeders van die wêreld gehuldig. Daar is ook generasies moeders wat hulde verdien vir die wyse waarop hulle hulle kinders in oorlogtye beskerm het. Die Vrouemonument in Bloemfontein, wat ná die Tweede Anglo-Boereoorlog opgerig is, is ’n goeie huldiging, maar die stories bly hartseer, het Mariska Spoormaker gevind toe sy dié monument besoek het. Danè Swanepoel, kommunikasiebeampte van die SA Oorlogmuseum, is aan die woord.