Gedink ’n skaap is net n skaap soos ’n dorper, merino of dormer? O nee, daar is ook die vierhoringskaap. ’n Skaap met vier horings, hier, in Suid-Afrika. Mariska Spoormaker het by John Melville, president van die Bloemskou, gepraat waar dié unieke Swanepoelskaap teen einde April te sien sal wees.