Was dit nie dat diefstal tydens die grendelperiode gemaak het dat hy sy onderneming gesluit het nie, sou Hannes Geyer seker nooit by kaasmaak uitgekom het nie. En deesdae praat die mense sommer van Hannes Haloumi, omdat sy haloumi verby lekker is, soos Mariska Spoormaker agtergekom het toe sy gaan proe het.