Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
March 06, 2025Jonk 6 Maart 2025Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor detoks, en of jou liggaam regtig hulp nodig het....more7minPlay
March 06, 2025Speel met jou groenteEen van Wene se bekendste orkeste se instrumente is groente! ‘n Wortel word ‘n blokfluit, en ‘n prei ‘n mandolien. Ná 27 jaar en 344 vertonings het hulle amptelik die Guiness Wêreldrekord vir die groente-orkes met die meeste vertonings....more2minPlay
March 05, 2025Juffrou aan kinders: “Leer uit my lewe”As kind het Agusty Geel 95% brandwonde opgedoen, dit oorleef , gehoor sy sal nooit ‘n man kry nie, en dat sy te dom is om ná matriek verder te studeer. Tog het sy haarself as onderwyseres bekwaam, en 43 jaar lank onderwys gegee. Vir die leerlinge wat wou moed verloor, het sy gedeeltes van haar lewe gedeel om te wys ’n mens kan dinge oorkom. Mariska Spoormaker het met haar gesels....more8minPlay
March 05, 2025Hof toe oor lees en skryfAleysha Ortiz, ‘n 19-jarige in die VSA, neem die Hartford-onderwysraad en die stad Hartford hof toe vir nalatigheid. Daar is ook ‘n saak teen haar spesiale onderwys-saakbestuurder. Sy het wel hoërskool met lof geslaag, en studeer nou met ‘n beurs aan ‘n kollege, maar sy kan nie lees of skryf nie!...more2minPlay
March 04, 2025Êrens oorsee 4 Maart 2025Johan Bester vertel van die Golf van Mexiko/Amerika waar hy werk as helikoptervlieënier....more14minPlay
March 04, 2025Wyn gemaak in glasDurbanville is vanjaar 200 jaar oud. Kan daar iets nuuts uit Durbanville kom? Ja, ’n nuwe manier van wynmaak! Thys Louw het die eerste 200 liter wyn, wat in ‘n rondebol-glasfles gemaak is, gebotteleer. Hoekom in glas en nie in staal, hout, keramiek of sement nie? Johan Rademan het pad Diemersdal toe gevat om uit te vind....more7minPlay
March 04, 2025Hoenders te huurIn Amerika met sy eiertekort kan jy nou twee henne vir ses maande huur vir $600. Vir die meer as R11 000 hoop jy vir sowat ‘n dosyn eiers per week....more2minPlay
March 03, 2025Omdraaikans vir spesies op die rooilysDr. Marienne de Villiers praat op Wêreld Natuurlewedag oor ‘n omdraaikans vir spesies op die rooilys, en suksesse wat behaal is met die kransaasvoël....more13minPlay
March 03, 2025Missionvale-jeug swem vir 'n toekomsJy kan jou pad oopswem na ‘n baie beter toekoms, leer Missionvale se kinders wat daagliks die uitdagings te bowe moet kom, wat gepaardgaan met werkloosheid en armoede. Die swemafrigter wat hulle só by die Missionvale Sorgsentrum inspireer, is Franklin Coetzee. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind....more7minPlay
March 03, 2025Elke sent tel - Deel 6Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belangrikheid van begunstigdenominasies....more4minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.