Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
February 26, 2025‘Leer uit my lewe’ - DepressielyerBaaienaar dr. Ambrose George leef al 60 jaar met depressie. Ná sy aftrede as hoof van Gelvan Park Hoërskool, het hy twee boeke geskryf oor sy ervaring met depressie, en wat ‘n mens kan doen om die diep neerslagtigheid teen te werk. Op 80-jarige ouderdom is hy besig met sy derde boek. Mariska Spoormaker het hom besoek....more8minPlay
February 26, 2025Hondberg of berghond?‘n Man in China het ‘n sensasie veroorsaak toe hy ‘n foto op sosiale media plaas van ‘n berg wat soos ‘n hond lyk. Toeriste stroom nou soontoe om foto’s van hulle honde saam met die berghond te neem....more2minPlay
February 25, 2025Êrens oorsee 25 Februarie 2025Bernard Jansen van Vuuren vertel van die lewe in Switserland. Hy bly in Ebikon, net buite Lusern....more9minPlay
February 25, 2025Tom se burpee-optrek-wêreldrekordTom Liebenberg wou die wêreldrekord breek vir die meeste burpie-optrekke in een uur. Die huidige wêreldrekord is 611, en Tom se teiken is 620. Hy het 613 gehaal, en natuurlik daardie rekord gebreek. Hy doen dit vir 'n goeie saak, en sy poging is reeds ingestuur na die Guiness Wêreldrekord-organisasie, nou wag hy maar......more10minPlay
February 25, 2025Wat is die eggokamer-konsep?Dr. Daan le Roux praat oor die eggokamer-konsep. Dis 'n omgewing waar 'n persoon slegs inligting of menings teëkom wat hulle eie weerspieël en versterk....more12minPlay
February 25, 2025Grimering vir polisiemans in JapanIn Japan vorm grimering nou deel van mans in die polisie se opleiding....more2minPlay
February 24, 2025Mossels monitor waterkwaliteitMaryke Musson praat oor aanwyserspesies, soos mossels en visse wat ingespan word om waterkwaliteit te monitor....more11minPlay
February 24, 2025Deodat se houtperdeHaidee Muller-Isaacs loer in by oudpolisieman en resieskarliefhebber, Deodat Kasner. Sy kyk wat hy alles uit hout bou in sy werkswinkel....more8minPlay
February 24, 2025Elke sent tel - Deel 5Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch sê jy moet versigtig wees vir te veel kontant....more4minPlay
February 24, 2025Krapkaartboerpot gewen met gesteelde kredietkaat‘n Man in Frankryk is op soek na die mense wat sy beursie gesteel het. Hulle het krapkaartjies met sy kredietkaart gekoop, en €500 000 gewen. Hulle kan dit egter nie opeis nie. Nou stel hy voor dat hulle met die kaartjie navore kom. Hy sal dan die boerpot opeis, en die helfte daarvan aan die diewe gee....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.