Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
February 06, 2025Versigtig met die voëlbad se water!Maak baie seker van die gehalte water wat jy in jou visdam of voëlbad sit, want water wat te veel nutriënte bevat en skadelike bakterieë laat groei, kan giftig wees vir voëls. In Nelson Mandelabaai moes twee hamerkoppe onlangs vir botulisme, wat verlamming veroorsaak, behandel word. Arnold Slabbert van die Urban Raptor Project het vir Mariska Spoormaker hiervan vertel....more8minPlay
February 06, 2025Jonk 6 Februarie 2025Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor inflamasie, en watter aanvullings daarmee kan help....more6minPlay
February 06, 2025Die Skotte en hul katteDie Skotse eerste minister, John Swinney, is vandeesweek genoodsaak om Skotte gerus te stel dat daar nie ‘n verbod op huiskatte geplaas sal word nie. Huiskatte vang onder andere bedreigde diere, en ‘n verslag van onafhanklikke kenners stel voor dat katte by die huis moet bly, op ‘n leiband moet wees, en nie in sekere gebiede toegelaat moet word nie....more2minPlay
February 05, 2025Anzil se kreatiwiteit ken nie perke nieDie skrywer, Anzil Kulsen, glo in die krag van kreatiwiteit. Behalwe die stories wat sy skryf, is sy 'n kranige kleremaker, en maak sy die meeste van haar eie uitrustings self....more8minPlay
February 05, 2025The Town’s House op MosselbaaiMartelize Brink gesels met Jessica van der Schyff by The Ttown’s House, die tweede oudste munisipale gebou op Mosselbaai. Deesdae word dit gebruik as afsetpunt vir plaaslike kunstenaars se produkte....more5minPlay
February 05, 2025Amerikaanse eierroofOp 1 Februarie is 100 000 eiers by ‘n kleinhandelaar geroof. Voëlgriep in die VSA is verantwoordelik vir eiertekorte, wat dit baie duurder gemaak het....more2minPlay
February 04, 2025Êrens oorsee 4 Februarie 2025Jacobus Diener vertel vir Martelize Brink van die lewe in Palapye, Botswana, waar hy ‘n dosent is. Hy vertel onder andere van mopaniwurms op die spyskaart, en die vieringe met die land se eerste gouemedalje by die 2024 Olimpiese Spele....more10minPlay
February 04, 2025Toekomstige omgewingsleiers in Noord-Kaap opgeleiHy was die waarnemende rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch tot 2017. Hy het sy liefde vir wetenskap en wiskunde egter nie onder die maatemmer weggesteek nie. Johan Rademan het met prof. Leopoldt van Huysteen gesels nadat die Wêreld Ekonomiese Forum in Januarie THE FUTURE OF JOBS 2025-verslag vrygestel het. Omgewingsleierskap is vir die eerste maal onder die Top 10 drywers van die toekomstige wêreldekonomie gelys. Prof. Leopoldt van Huysteen staan aan die hoof van so ‘n opleidingsinstansie in Suid-Afrika....more8minPlay
February 04, 2025Positief ná kankerRonellé Foster gesels met Martelize Brink oor ‘n positiewe lewe nadat sy AML-leukemie oorleef het, en in remissie is. Sy het ‘n B+ (Be positive) projek en is die skrywer van KANKER HET MY LEWE GERED... VAN 'N DOODSBESTAAN....more10minPlay
February 04, 2025Salm vir die voedselbank’n Voedselbank in New York het ‘n skenking van 13 000 lewende visse by ‘n salmplaas gekry, wat hulle bedrywighede beeïndig het....more1minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.