Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Brandon Cassels se liefde vir musiek
    Oos-Kapenaar Brandon Cassels se liefde vir musiek kom al van kleins af aan. Hy is deesdae ‘n dosent by 'n Kaapse instansie. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs waar sy liefde vir klassieke kitaar ontstaan het. Eintlik wou hy as kind niks weet van die kitaar nie, want hy het niks gehou van sy ooms se manier van kitaarspeel nie. Hy leer steeds jong kinders en volwassenes om kitaar te speel. Dis vir hom nou 'n lewenslange passie.
    7 min
  • Hongkong hou pandafees
    Hongkong is oorval deur pandas. By die lughawe is daar 2 500 standbeelde van dié diere. Ná die fees sal die meeste opgeveil, en die geld die park geskenk word waar Hongkong se ses pandas aangehou word.
    2 min
  • Skatkiste versteek in VSA
    Jon Collins-Black sorg vir avontuur. Hy het vyf skatkiste met ‘n waarde van meer as $2 miljoen in die VSA weggesteek. As jy sy boek, There’s Treasure Inside, koop, is daar leidrade om dit te kry. In die skatkiste is daar wel goud en edelstene, maar ook skaars Pokémon kaarte, sportmemorabilia en waardevolle medaljes en items wat aan Pablo Picasso, George Washington, Amelia Earhart en Jackie Kennedy Onassis behoort het.
    2 min
  • Een dag, groot impak op klein dorpie
    Dit was 'n groot dag op die Karoo-dorpie, Pearston, toe verskeie organisasies, met gemeenskapsverbetering ten doel, hulle onderskeie dienste gesamentlik gelewer het aan die grondslagfase-leerlinge van Pearston en omliggende gebiede. Dié aksie is deel van die nuwe neiging waar organisasies saamwerk om gelyktydig hulle dienste aan ‘n gemeenskap te lewer ter wille van ‘n maksimum positiewe impak. Die Engesle term hiervoor is “network weaving”. Mariska Spoormaker het die dag op Pearston gaan meemaak.
    8 min
  • Michelle se gin
    Michelle Coetzee se man het haar gevra wat sy wil doen nadat die kinders die huis verlaat. Sy het lank daaroor gedink, en op gin besluit. Lions Creek Boutique Distilleerder het agt gins ontwikkel, ‘n dubbelgoud gewen, en deesdae is daar ook mampoer en rum.
    10 min
  • Jonk 28 November 2024
    Dr. Chrisna Keyser praat oor haarverlies en die impak van swangerskap, menopouse en kankerbehandeling. Sy vertel waar daar tog gehelp kan word.
    6 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.