‘n Onderneming in China het in ‘n werksadvertensie spesifiseer dat mense wat in die Jaar van die Hond gebore is, nie moet aansoek doen nie. Die hoof van die onderneming is in die Jaar van die Draak gebore, en volgens Chinese astrologie is daar ‘n konflik tussen die Draak en die Hond.