Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
June 12, 2024Hoe lank toilet jy?‘n Toeristeaantreklikheid in China, die Yunghung-grotte, het in 2023 driemiljoen besoekers gehad. Dit is op van 1,98 miljoen in 2019. Dié toestroming het hulle genoodsaak om verbeteringe aan hulle toiletgeriewe vir dames aan te bring. Die keuse het op ‘n tydhoutoestel by elke toiletdeur geval, wat wys hoe lank daardie deur toe is....more2minPlay
June 11, 2024Só word die jeug betrekDawie Botha praat in SO IS DIE LAND GEBOU oor hoe ons die gaping tussen die verlede, die hede en die toekoms van Suid-Afrika kan oorbrug....more9minPlay
June 11, 2024Fisantekraal Sentrum vir Ontwikkeling bemagtig menseJane Gelderman van die Fisantekraal Sentrum vir Ontwikkeling vertel hoe hul mense oplei in basiese vaardighede soos rekenaars, ontvangsetiket en gasvryheid. Deel van die program is dat die...more8minPlay
June 11, 2024Diabetes-leefstylVickie de Beer praat oor ‘n lewe met diabetes in jou huis, en gee praktiese raad....more12minPlay
June 11, 2024Mense vat rekenaars se werkIkea het tien poste vir regte mense om op die Roblox-rekenaarspeletjieplatform in hulle virtuele winkel te werk....more2minPlay
June 10, 2024Die impak van die mens op koraalKrish Lewis van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad vertel vir Martelize Brink van koraal, en die uitdagings wat dit deesdae in die gesig staar....more9minPlay
June 10, 2024Mona Muller, geliefde varkMariska Spoormaker het gaan kuier by Chris Muller, oud-skoolhoof en sy vrou Elise, wat sonder ’n oomblik se huiwering vir jou sal sê een van hulle kinders is ’n vark. Haar naam is Mona, sy weeg 110 kilogram, en wanneer sy verjaar, sing Elise vir haar......more8minPlay
June 10, 2024Wolverwerkingsfabriek op plaaslike bodemStefan Gerber vertel vir Martelize Brink van sy wolverwerkingsfabriek in die Paarl, wat sorg dat die volledige wolwaardeketting van begin tot einde weer op plaaslike bodem te vinde is....more13minPlay
June 10, 2024Wanneer jy te vroeg vier...‘n Spaanse atleet in die 20km-stapitem by die Europese Atletiekkampioenskap is haar bronsmedalje kwyt toe sy vyf meter voor die wenstreep haar plek op die podium begin vier het, en sy twee meter voor die wenstreep van agter verby gegaan is....more2minPlay
June 07, 2024Wildekus nié vir jakketrakke nieFacebook-plasings wat wys hoe ‘n groep branderplankryers in hulle viertrekvoertuie oor die groen heuwels van die Wildekus ry om die ideale branders te vind, het dr. Div de Villiers, voormalige hoof van die Oos-Kaapse Groen Skerpioene, rooi laat sien. Hy het aan Mariska Spoormaker gesê dié soort video’s skep die indruk skep dat jakketrakke kan maak soos hulle wil wanneer hulle die Wildekus besoek....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.