Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
May 28, 2024Toe tel die rekord nieIn Kanada het hulle probeer om ‘n wêreldrekord vir die meeste mense geklee in dinosauruskostuums op te stel. Organiseerders was nie reg vir die sowat 6 000 mense wat opgedaag het om die huidige rekord van 252 te verbeter nie. Omdat hulle nie presies getel is en almal vir ‘n minuut saam gestaan het nie, bly 252 die rekord....more2minPlay
May 27, 2024Post-traumatiese stresversteuring by reddingshondeVeearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Martelize Brink van post-traumatiese stresversteuringsindroom (by soek- en reddingshonde asook honde in skuilings....more8minPlay
May 27, 2024Struktuurpeste kan jou duur te staan kom‘n Onaangename verrasing kan op jou wag wanneer jy ‘n ouer huis wil verkoop. Struktuurpeste kan jou duur te staan kom. Gelukkig is dit behandelbaar deur die regte persone en stowwe. Johan Fourie, die president van SA Plaagbeheervereniging (SAPCA) verduidelik aan Johan Rademan wat gedoen kan word....more9minPlay
May 27, 2024Burgemeester en waarsêer agter traliesDie Franse dorp, Agde, se burgemeester en ‘n waarsêer is agter tralies. Die waarsêer het die burgemeester laat glo dat sy oorlede pa en engele met hom praat. Hulle het vir hom gesê om onder andere vir die waarsêer luukse oorsese vakansies te betaal… met geld uit die staatskas......more2minPlay
May 24, 2024Haidee ry treinHaidee Muller-Isaacs klim vir die eerste keer in jare op ’n trein, en kap aan Elgin toe. Sy gesels met die trein se gasvrou, Rina de Waal, en ook die baie vermaaklike treindrywer, Kassie Cartens....more9minPlay
May 24, 2024360 Speseryroete - Deel 36Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor nigella, of swart komyn, een van die minder bekende speserye....more8minPlay
May 24, 2024Internasionale krieketdebuut op amper 67!Sally Barton het op 66 jaar en 334 dae haar buiging gemaak as paaltjiewagter vir Gibraltar se nasionale vroue krieketspan, in ‘n T20 wedstryd teen Estland. Sally hou nou die rekord vir die oudste vroue T20 internasionale krieketspeler, maar ook as die oudste T20 debutant vir mans en vroue....more2minPlay
May 23, 2024Ongelooflike ouma!Boomklim is nie net ‘n noodsaaklike oefening vir kinders nie, grootmense het dit nét so nodig. ‘n Uitstekende plaasvervanger is paalklim, sê Karin Schoeman, ‘n afgetrede fisioterapeut. Dié 74-jarige ouma is self ’n ywerige paalklimmer....more8minPlay
May 23, 2024Moeders se geestesgesondheidProf. Renata Schoeman praat oor moeders se geestesgesondheid. ‘n Derde van Suid-Afrikaanse vroue ly aan perinatale depressie en angs....more12minPlay
May 23, 2024Glas tot sand herwinGlass Half Full in Louisiana in die VSA herwin glas om dit tot te verwerk om erosie teen die kus teen te werk....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.