Louis Burger was ‘n suksesvolle sakeman van Gqeberha met ’n groot hart en oop hand vir diere en mense in nood. Toe hy 2021 aan kanker oorlede is, het sy seun John besluit om sy pa se goeie werk voort te sit deur ‘n 24-uur fietsrymarathon, 24 Hours For Louis, te doen. Duisende rande vir diere in nood is reeds hierdeur in 2021 en 2022 ingesamel. John het onlangs op sy derde fietsrymarathon weggespring. Mariska Spoormaker was daar, en het eerste Olga Williams, een van die vrywillige organiseerders, raakgeloop.