Aapstreke is een van die lekkerste dinge om dop te hou, maar blouapies kan ook baie lelike strepe toon, veral as die trop te groot raak. Arnold Slabbert, ‘n Baaise naturbewaarder, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoe wilde diere, in die afwesigheid van predatore, probleemdiere kan word omdat hulle getalle te groot word.