Haidee Muller-Isaacs het voorheen by die pragtige Nicela Naude gaan kuier toe sy vier jaar oud was. Nicela ly aan 'n baie seldsame siekte, wat die een kant van haar lyfie affekteer en misvorm. In weerwil van nege operasies en vele mediese prosedures, is sy deesdae 'n sprankelende, positiewe en baie intelligente meisie van nege jaar oud. Sy weet presies wat sy uit die lewe wil hê, en sal dit sonder twyfel bereik. Haidee het weer gaan inloer, en met Nicela se ouers, Madeleine en Jacques, gesels oor hoe dit deesdae met die jonge juffer gaan.