By die River Goose-kampeerplek langs die Breederivier in Bonnievale, vertel Kelvin Phillips vir Haidee Muller-Isaacs van die oorstromings wat daar was, en die kwynende voëlspesies. Sy bekende rivierbootjie waarmee hy gereeld op die rivier vaar en mense van die omgewing en die voëlspesies vertel, het darem nie skade gely nie, maar die trappe wat na die bootjie lei, het in die slag gebly. Haidee kon dus nie 'n rit op die rivier meemaak nie, maar het saam met Kelvin langs die rivier gaan stap.